
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:16 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

IN MEMORIAM

(Voorstel)

*Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:
	
Dat die Huis di jongmense van Bonteheuwel, nl Christopher Truter, Ashley Kriel, Anton Franch en Colleen Williams gedenk wat hul lewens vir 'n bevryde Suid-Afrika opgeoffer het.

Goedgekeur.

GEVANGENES: WEERSINWEKKENDE BEHANDELING

(Voorstel)

*Me N C PHENDUKA: Mnr die Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis daarvan kennis neem dat gevangenes geweier het om in die Mitchells Plain Landdroshof te verskyn as gevolg van weersinwekkende behandeling in Site B by die Khayelitsha Polisiestasie waar gevangenes drie dae saam met 'n lyk in 'n sel deurgebring het.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en dit sal daarom vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid op die Ordelys verskyn.

OPRUIMINGSPROJEK: BONGANI

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, in die lig daarvan dat dit vandeesweek Nasionale Waterweek is en dat die Provinsiale Regering, in vennootskap met die Tygerberg Munisipaliteit, 'n projek in Bongani, Khayelitsha, geloods het om die vleilande en waterkanaal-toevoer na die Kuilsrivier skoon te maak, di inisiatief ondersteun en die meer as 50 vrywillige inwoners van die Bongani informele nedersetting, wat die omgewing opruim, bedank, en verder die hoop uitspreek dat di projek verder as Nasionale Waterweek sal strek, en indien bykomende fondse vanaf die Regering en/of die privaatsektor bekom kan word, dit vir 'n onbepaalde tydperk kan voortduur, met die gevolglike voordeel wat dit vir die vleilande van die Wes-Kaap inhou.

Goedgekeur.

RASSISME IN WES-KAAP

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) kennis neem van die rassisme, hetsy uitdruklik of by implikasie, wat steeds in die Wes-Kaap voorkom;

(2) bevestig dat die simboliek teen rassisme vergestalt is tydens die Boomplantingseremonie op 21 Maart 2000;

(3) homself verder daartoe verbind om alle vorme van rassisme aan te spreek en dat die huidige koalisieregering homself ook daartoe verbind om teen nie later nie as Junie 2000 te verseker dat:

(a) die provinsiale Kabinet hersaamgestel word om swart Suid-Afrikaners in te sluit;

(b) die verteenwoordiging van die koalisiepartye in die Huis swart Suid-Afrikaners sal insluit; en

(c) 'n beleid oor regstellende aksie strategies in die topbestuur van die Provinsiale Administrasie gemplementeer word sodat dit die totale demografie van die Provinsie weerspiel;

(4) 'n moniteringsmeganisme in plek sal plaas wat die provinsiale Kabinet verantwoording kan laat doen oor die voorstel en tydskaal hieraan verbonde.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word en daarom sal dit vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid op die Ordelys verskyn.

SITTINGSURE

(Voorstel)

Die SPEAKER: Orde! Die volgende punt op die Ordelys is 'n kennisgewing van voorstel deur die agb lid mnr King. Ek stel die voorstel:

Dat die sittingsure op Donderdag, 23 Maart 2000, soos volg is: 10:00 tot verdaging.

Goedgekeur.
WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP
OP NATUURBEWARINGSWETTE [W3-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, na die inwerkingstelling van die Wet op die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring, Wet 15 van 1998, het dit duidelik geword dat sekere wysigings aan verskeie wette oor natuurbewaring nodig was sonder om die kern daarvan wesenlik te raak.

Die voorgestelde wysigings gaan oor die volgende: om die administrasie van die toepaslike wette aan die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring oor te dra ingevolge die Ordonnansie op Natuur- en Omgewingsbewaring van 1974, die Wet op Omgewingsbewaring van 1989, die Wet op die Kusgebied van 1935 en die Wet op Bergopvanggebiede van 1970; asook om voorsiening te maak vir 'n nuwe omskrywing van departement; om voorsiening te maak vir 'n toename in die getal lede van die raad; om die bepalings oor die aanstelling en sekondering van persone in en na die raad te wysig; en om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan.

Dit hou geen personeel- en finansile implikasies vir die departement in nie. Daar is oorleg gepleeg met die Wes-Kaapse Raad op Natuurbewaring en tydens 'n vergadering wat op 28 Oktober 1999 gehou is, het hulle hierdie wysigings goedgekeur.

*Mnr A J WILLIAMS: Mnr die Speaker, nadat die Wes-Kaapse Wysigingswetsontwerp op Natuurbewaringswette na die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake verwys is, is dit vir my aangenaam om verslag te doen dat die Wetsontwerp eenparig deur al die lede in die komitee aanvaar is.

Daar is egter 'n paar wysigings. In klousule 14 op bladsy 7, in rel 21 versoek ons dat die woorde "na oorlegpleging met die raad" na die woorde "verantwoordelike Minister" ingevoeg word.

Die volgende tegniese wysigings moet ook administratief aangebring word:

1. Klousule 1

		Dat op bladsy 3, in rel 3, "Vervanging" geskrap en deur "Wysiging" vervang word.

	2.	Klousule 25A

		(1)	Dat op bladsy 43, in rel 35, "[-en omgewings]" geskrap en deur "-en omgewings" vervang word.

		(2)	Dat op bladsy 43, in rel 36, "[-en omgewings]" geskrap en deur "-en omgewings" vervang word.

Mnr die Speaker, die departement is voorts ook deur die komitee versoek om alle wetgewing wat dit administreer na te gaan met die oog daarop om moontlike verouderde en ongrondwetlike bepalings te wysig.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, die ANC gee sy volle ondersteuning aan die gewysigde Wetsontwerp. Ons hoop dat die daarstelling van die nuwe raad veel sal doen om die potensiaal te ontsluit wat in die natuurlike hulpbronne van die provinsie gele is vir die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van ons provinsie.

Ons is van mening dat hierdie Wetsontwerp vroer hierheen moes gekom het, want die datum waarop die instelling van die raad van krag word is volgende week, 1 April, en ons hoop dat dit sal deurgaan.

Ons wil agb lede ook daarop wys, soos die agb lid mnr Williams ges het, dat daar 'n paar baie vreemde aspekte in die regulasies vervat is, met inbegrip van die regulasies oor hoe 'n mens biltong kan verkoop. Ons hoop dat daardie regulasies in die toekoms verander sal word sodat die agb lid mnr Gelderblom die volle potensiaal van volstruise sal kan benut.

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Mnr die Speaker, ons sal sekerlik kyk na wysigings aan party van daardie regulasies.

Wat die wysigings vandag betref, ek aanvaar die wysigings wat deur die Staande Komitee oor Onderwys, Omgewing- en Kultuursake voorgestel word en versoek die Huis om voort te gaan met die Derde Lesing.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE WYSIGINGSWETSONTWERP
OP NATUURBEWARINGSWETTE [W3-2000]

(Komiteestadium)

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons sal nou met die klousules, bylaes en titel handel.

Klousules 1 tot 13 goedgekeur.

Op Klousule 14,

*Mnr M Ozinsky: Mnr die Speaker, ek stel as amendement voor:

	Dat op bladsy 7, in rel 21, na "Minister" ingevoeg word, ", na oorleg met die Raad,".

Amendement goedgekeur.

Klousule, soos gewysig, goedgekeur.

Orige Klousules, Bylaes en Titel goedgekeur.
HUIS HERVAT:

Wetsontwerp met amendement gerapporteer.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP DIE
MUNISIPALE ORDONNANSIE, 1974 [W4-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, die doel van die wysiging wat vandag hier voorgel word, is om eienaarskap te bevorder en die geleentheid te skep sodat sekere huise wat mense tans huur, op hul name oorgedra kan word en hulle eienaarskap daarvan kan aanvaar. Dit gaan oor artikel 96 van die Munisipale Ordonnansie, waarin magtiging gevra word.

Op hierdie stadium bepaal dit dat 'n munisipale tesourier slegs uitklaring mag gee dat onroerende eiendom oorgedra mag word nadat alle belastings en heffings op daardie eiendom betaal is. Wat ons nou vra, is dat daar 'n uitsondering gemaak moet word, spesifiek in die geval van die Behuisingswet, waar ons praat van plaaslike regering, en ook die Behuisingsontwikkelingsraad, waar mense daardie huis aankoop ingevolge die aankoopskema van R7 500 en ook ingevolge die Behuisingswet. Daar moet egter 'n addisionele punt by kom, dat die koper 'n ooreenkoms met die munisipaliteit aangaan dat waar daar nog agterstallige skuld is, die skuld erken word en dat hulle onderneem om daardie skuldlas te betaal. Ons vra dat dit 'n uitsondering is. Die uitsondering geld nie alle eienaars nie, maar slegs eienaars wat vir die eerste keer 'n huis koop onder die afslagskema van R7 500. Ek wil vra dat dit so goedgekeur word.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ek moet hier s dat baie van ons mense nie vandag daardie skuld sou gehad het nie. Dit was die kultuur van die ANC om vir die mense te s om nie te betaal nie, dat die skuld afgeskryf moet word. Nou sit almal met skuld van duisende rand en die ANC sit hier in die banke asof niks gebeur het nie. 'n Mens kan dink aan die pyn van daardie mense.

Ek wil h hulle moet onthou dat die bejaardes wat R10 000 en R11 000 skuld, vir wie hulle in die 1994-verkiesing voorges het om nie te betaal nie, dit vandag moet betaal. [Tussenwerpsels.] Ja, dit is! Dit is die ou diensteskuld wat hulle vir die mense ges het om nie te betaal nie. Nou begin hulle terugdeins en gee pad.

Wie het met die kultuur van nie-betaling begin? Die ANC het. Hulle moet die skade aanvaar wat hulle my mense berokken het. Die mense kon lankal deel gehad het in die R7 500-subsidie. Hulle kan egter nie as gevolg van die agterstallige skuld waarvan die ANC die oorsaak is. Die ANC moet mans genoeg wees en vir die mense om vergifnis vra. [Tussenwerpsels.] Die agb Leier van die Opposisie moet vir hulle om verskoning gaan vra en vir hulle s, "Ons het julle mislei deur vir julle te s om nie te betaal nie en vandag sit julle met die skuld." Wat 'n skande! Hy kom hoogheilig voor, maar in die tussentyd het hy die mense soveel skade berokken. Vyf en sewentig duisend mense kon vandag eienaarskap gehad het, maar die ANC is te ordentlik om op te staan en te s, "Ons vra om verskoning". [Tussenwerpsels.] Hulle vra heeldag vir ander mense om om verskoning te vra vir rassisme en alles waaraan hulle kan dink, maar vergeet van die skade wat jy, mnr Byneveldt, en julle almal gedoen het om vir mense te s om nie te betaal nie! [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ons laat hulle toe om 'n wysiging voor te stel; 'n wysiging wat toelaat ...

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag h dat u 'n beslissing moet gee oor of dit parlementr is vir die agb lid om 'n direkte beskuldiging teen 'n ander lid te maak. Hy het spesifiek die agb lid mnr Byneveldt daarvan beskuldig dat hy 'n beroep op mense gedoen het om nie te betaal nie. Dit is 'n direkte beskuldiging in die Huis.

Mnr R J KING: Maar mnr Byneveldt het ges, ja. Hy het ges hy het en, "Wat daarvan?", het hy gevra.

*Me T ESSOP: Jy is die Hoofsweep, King!

*Die SPEAKER: Orde! Ek gaan dit beslis toelaat. In die verlede het agb lede aan albei kante van die Huis mekaar daarvan beskuldig dat hulle ingevolge sekere beleidsrigtings opgetree het. Ek beskou nie die bedrywighede waarby agb lede ander versoek het om betrokke te raak as onwettig nie. Daardie bedrywighede is deel van die politieke proses en politieke debat van die verlede. Die agb lid mnr Isaacs mag voortgaan.

*Mnr N M ISAACS: Dankie, mnr die Speaker.

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil graag h dat dit opgeklaar moet word of dit parlementr is vir agb lede aan die ander kant van die Huis om, wanneer hulle na 'n spreker verwys, te s dat hy hom tot die "peanut gallery" rig. Na my mening is dit 'n skande om na lede van die publiek as die "peanut gallery" te verwys. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Dit is natuurlik onparlementr en agb lede moet hulself daarvan weerhou. Ek het egter nie gehoor dat enigiemand dit s nie. Ek gaan dit daar laat en agb lede waarsku dat indien sulke gedrag in die Huis voorkom, ons dit nie sal toelaat nie. Die agb lid mnr Isaacs mag voortgaan. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, dit is 'n belediging om na ons mense as "peanuts" te verwys. [Tussenwerpsels.] Toe ek die punt gestel het, was daar ges dit is vir die "peanuts". Daar is 'n klein wysiging ... [Tyd verstreke.]

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, dit is darem jammer dat daardie agb lid vandag sulke goedkoop politiek hier wil bedryf. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

*Mnr P C MCKENZIE: Daardie agb lid sal onthou dat een van die beloftes wat hulle aan die kiesers gemaak het, was dat hulle sou verseker dat daardie agterstallige huurgeld afgeskryf sou word. [Tussenwerpsels.] Hulle het nie hul verkiesingsbeloftes nagekom nie.
Mnr N M ISAACS: In Bonteheuwel wag die mense vir hom!

*Mnr P C MCKENZIE: Kom ons gaan s dit. Ek vra nie om verskoning as mense nie huurgeld betaal het nie, want ... [Tussenwerpsels.] ... hulle het van mense verwag om huurgeld te betaal aan mense in ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Mnr P C MCKENZIE: Dit is mense wat in slaaphokkies en sinkpandokkies in die townships gebly het.

Mnr N M ISAACS: Nee, dit het niks daarmee te doen nie. Dit is 'n infame leuen.

Mnr P C MCKENZIE: Die witmense, aan die anderkant, het minder dienstegelde betaal.

*Mnr N M ISAACS: Dit is nie waar nie! Dit is van die waarheid ontdaan!

Mnr P C MCKENZIE: Daardie agb lid het baie maal in die Huis ges dat daar gelykheid moet wees.

Mnr N M ISAACS: Dit is nie waar nie. Hy praat deur sy nek, soos gewoonlik.

Mnr P C MCKENZIE: Dienslewering in swart gebiede was totaal sleg. [Tussenwerpsels.] Om di rede ...

Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ek wil u aandag daarop vestig dat die geraasvlak in die Huis ooreenkomstig die Rels nie toegelaat kan word nie. Ek vra dat u beslis dat daar ordelik debat gevoer word.

Die SPEAKER: Orde! Die oordeel van sulke dinge moet aan die Speaker oorgelaat word. Daar is tye, veral aan die begin van 'n debat, wanneer die pot 'n bietjie oorkook. Ons moet dit maar toelaat sodat ons verder 'n rustige middag kan h. Die Leier van die Huis is egter heeltemal korrek. Ons kan beslis nie so voortgaan nie. Ek vertrou dat daar groter orde in die Huis sal heers. Die agb lid mnr McKenzie mag voortgaan.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, ek wonder of dit reg is dat hulle wil gee maar hulle kan nooit vat nie. Die kiesers het al bewys dat hulle totaal niks meer van die ou NP dink nie en om di rede kan hulle nie meer verkiesings wen nie.

Ons ondersteun die Wysigingswetsontwerp. Agb lede moet onthou dat die mense vir daardie grond en die huise waarin hulle woon oor die afgelope 20, 30 jaar reeds oor en oor met huurgeld aan die raad afbetaal het. [Tussenwerpsels.] Hulle het nie eens bestaansreg daarop nie. [Tussenwerpsels.] Hulle weet nie eens dat die grond wat hulle gekoop het van ander mense weggeneem is of dat dit vir twee koeie en 'n bul by mense gekoop was nie.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, dit gaan nie oor die huis nie, dit gaan oor die dienstegeld.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid is buite orde.
Mnr N M ISAACS: Ek wou dit net regstel.

Mnr P C MCKENZIE: Mnr die Speaker, daardie agb lid het in die strik gesit. Hy wou vir die galery gespeel het.

Mnr N M ISAACS: Jy praat nonsens!

Mnr P C MCKENZIE: Nou wys ons wie hy werklik waar is. Hy praat nie in belang van die gemeenskap nie.

Die SPEAKER: Orde! Die agb lid mnr Isaacs het sy beurt gehad. Wil die agb lid 'n punt van orde neem?

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, die spreker was besig om die galery toe te spreek. Hy het toe gaan sit, so hy is klaar gepraat.

Die SPEAKER: Orde! Ek het dit nie van hier af gesien nie. Wil die agb lid mnr McKenzie voortgaan?

Mnr P C MCKENZIE: Ja, natuurlik. Ek wil graag voortgaan. Mnr die Speaker, dit is waarom ons in die Parlement is, sodat ons kan voortgaan en wys wie daardie agb lede regtig en werklik is.

Die SPEAKER: Orde! Dit spyt my, maar die agb lid se tyd is verstreke; dus kan hy nie voortgaan nie.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Mnr die Speaker, ek verstaan die staande komitee gaan sekere wysigings voorstel. Ek aanvaar dat dit in die Komiteestadium hanteer gaan word.

Meneer, ons praat nie hier van pandokkies en hokkies nie. Ons praat van woonhuise - daar was 125 000 woonhuise. Op hierdie stadium is daar 75 000 huise oor, en dit skep die geleentheid vir eienaarskap vir die mense daar buite. Dit is die punt wat ons hier moet uitdra.

Die agb lid mnr McKenzie het hier so te kere gegaan dat niemand eers kon gehoor het wat hy ges het nie. [Tussenwerpsels.] Ek kan vir agb lede s waarom die saak so gesloer het terwyl hy die verantwoordelike Minister was. Hy het dit nie na vore gebring nie. Waarom sloer dit al meer as 'n jaar voordat dit op hierdie tafel gekom het? Dit is wat hy vandag aan die mense daar buite moet verduidelik. Waarom het hy nie die moed gehad om dit deur te voer nie? Die koalisie bring dit vandag na die tafel en ons het gehoor dit word ondersteun, en ons doen dit in belang van die mense daar buite.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister het aangedui dat daar wysigings is wat in die Komiteestadium aangebring moet word.

HUIS IN KOMITEE:
Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP DIE MUNISIPALE
ORDONNANSIE, 1974 [W4-2000]

(Komiteestadium)

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek stel klousule 1. Is daar enige wysigings op klousule 1?

Op klousule 1,

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ek stel as amendement voor:

1. Dat op bladsy 3, in rel 11, "kan" geskrap en deur "reik" vervang word.

2. Dat op bladsy 3, in rel 12, "uitreik" geskrap en deur "uit" vervang word.

Amendement goedgekeur.

Klousule, soos gewysig, goedgekeur.

Orige Klousule en Titel goedgekeur.

HUIS HERVAT:

Wetsontwerp met amendemente goedgekeur.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

WES-KAAPSE WETSONTWERP OP
REGSTREEKSE LASTE [W6-2000]

(Indiening en Eerste Lesing)

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek is oortuig daarvan dat my geleerde kollegas in die Huis teen hierdie tyd weet dat al ons uitgawes uit die Wes-Kaapse Provinsiale Inkomstefonds gefinansier word. Die nasionale en provinsiale Grondwette bepaal egter dat die onttrekking van hierdie fondse uit ons Provinsiale Inkomstefonds op slegs een van twee wyses kan geskied: f ingevolge 'n bewilliging in 'n Begrotingswet, waarom debatte oor die Wetsontwerp vir die 2000-01-boekjaar tans aan die gang is, f as 'n direkte las waarvoor in die Grondwet of in 'n provinsiale wet voorsiening gemaak word.

Soos agb lede weet, tree die nuwe Wet op Bestuur van Openbare Finansies op 1 April vanjaar in werking en sal dit voorrang geniet oor enige ander wetgewing wat nie daarmee strook nie. Sekere artikels van die Wet op Bestuur van Openbare Finansies maak voorsiening vir omstandighede waaronder fondse as 'n direkte las uit ons Provinsiale Inkomstefonds onttrek kan word. Hierdie onttrekkings is onder meer: voor 'n jaarlikse begroting goedgekeur word; vir deposito's of beleggings in die Nasionale Inkomstefonds; vir die terugbetaling van geld wat nie die Provinsiale Inkomstefonds toekom nie; vir noodfondse; om die terugtrekking van uitsluitings te finansier; en vir die aanwending van besparings as viremente. Die Wet op Bestuur van Openbare Finansies bepaal voorts dat sulke direkte laste slegs afgedwing kan word indien dit so in 'n provinsiale wet vervat is.

Daarom, mnr die Speaker, word ek as Minister wat vir provinsiale finansies verantwoordelik is deur die nasionale Grondwet, die Wes-Kaapse Provinsiale Grondwet en die Wet op Bestuur van Openbare Finansies gemagtig om die Wes-Kaapse Provinsiale Wetsontwerp op Direkte Laste, as 'n geldwetsontwerp, vandag vir dringende oorweging deur die Huis ter tafel te l.

Die rede vir die dringendheid in die afhandeling van hierdie Wetsontwerp is dat hierdie Wetsontwerp op Direkte Laste op dieselfde datum in werking moet tree as die Wet op Bestuur van Openbare Finansies en die Wes-Kaapse Begrotingswet, op 1 April vanjaar, wat net meer as 'n week ver is, sodat die Provinsie vanaf 1 April 2000 finansieel binne die voorgeskrewe regsraamwerk kan optree en sy gesonde finansile bestuur kan handhaaf.

Die Provinsiale Tesourie het verkies om hierdie Wetsontwerp ter tafel te l nadat hy seker was dat die bepalings oor direkte laste in die Wet op Bestuur van Openbare Finansies nie deur enige voorgestelde wysigings aan die Wet op Bestuur van Openbare Finansies geraak is nie.

Mnr die Speaker, ek vra hiermee om verskoning vir die laat voorlegging van hierdie Wetsontwerp, maar die redes, soos ek dit vroer opgesom het, hou verband met die Wet op Bestuur van Openbare Finansies en die noodsaaklikheid om dit in te stel.

Ten slotte, mnr die Speaker, wil ek die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe en die Huis by voorbaat bedank vir hul begrip van die dringendheid van hierdie aangeleentheid en hulle versoek om hul volledig toegespitste aandag en oorweging te skenk aan die hantering van hierdie Wetsontwerp op Direkte Laste. Ek stel die Eerste Lesing voor.

*Die SPEAKER: Orde! Volgens ons Rels sal die Wetsontwerp nou na die betrokke staande komitee verwys word.

Wetsontwerp vir die eerste maal gelees.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP [W5-2000]

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 10 - Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme:

Vervoer

UMPHATHISWA WEZOTHUTHO NEZEMISEBENZI YOLUNTU: Mhlalingaphambili, umsobomvu wenkulungwane entsha ngokwenene usiphathele imibuzo nemicelimingeni esifuna ukuyihlangabeza ngokuqule inzondelelo namava. Ngoko ke, sifuna ukubonisa leNdlu into esele siyiphumezile kwanento esifuna ukuyiphumeza, kananjalo nendlela esiza kuyihamba ukukhuthaza inkqubela eNtshona Koloni.

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Me die Voorsitter, die aanbreek van die nuwe millennium bring ons voor vraagstukke en uitdagings te staan, wat ons graag met entoesiasme en ondervinding sou wil aanpak. Daarom wil ons graag vir die Huis aantoon wat ons reeds bereik het en wat ons beoog om te bereik, asook die koers wat ons sal inslaan in die bevordering van ontwikkeling in die Wes-Kaap.]

Me die Voorsitter, dit is vir my 'n besondere voorreg om die agb Premier te bedank vir die vertroue wat hy in my gestel het om die portefeulje aan my toe te vertrou. Ek hoop dat ons, met die samewerking van die mense in die Wes-Kaap, sal bou en groei met ontwikkeling. Dit is ons, deur dienslewering, beslis aan mekaar verskuldig.

Ngoko ke, sifuna ukwenza izikhokelelo ezibanzi ngokubhekisele kwezothutho ngeenjongo nangeengcamango ezintsha. Sizibophelele ekukwenzeni oku. Ngezi zizathu ke, isebe lam selikhangele kwezi njongo zilandelayo:

(Vertaling van isiXhosa-paragraaf volg.)

[Daarom sou ons graag wat vervoer betref 'n wye spektrum inisiatiewe wou invoer, wat 'n nuwe visie nastreef en nuwe idees gebruik. Ons is daartoe verbind om dit te bereik. Dit is om hierdie redes dat my departement vir homself die volgende oogmerke gestel het.]

*Me die Voorsitter, om die Departement van Vervoer in staat te stel om optimaal by te dra tot die beleidsoogmerke vir provinsiale paaie is die volgende agt sleutelstrategie gedentifiseer:

* verskaf 'n beleids- en wetgewende raamwerk;

* verskaf en onderhou 'n provinsiale padnetwerk wat van 'n voldoende standaard is om toe te laat dat goedere en passasiers ekonomies vervoer word;

* bevorder die vestiging van toepaslike openbare vervoerstelsels;

* verbeter die gehalte van dienslewering deur die Departement van Vervoer;

* bemagtig die agtergeblewe sektor van die provinsie;

* verbeter padveiligheid en verskaf doeltreffende verkeerswetstoepassing;

* ontwikkel finansile hulpbronne; en

* ontwikkel menslike hulpbronne.

'n Omvattende vyfjaar-prioriteitsleweringsprogram is in ooreenstemming met hierdie sleutelstrategie ontwikkel en elke jaar word 'n diensleweringsprogram voorberei, met 'n lys van noodsaaklike meetbare oogmerke wat bereik moet word om te verseker dat die provinsiale beleidsoogmerke verwesenlik word.
Die transformasieproses het steeds 'n beduidende invloed op die Departement van Vervoer. Die Vervoertransformasie-eenheid word algemeen erken as die mees inklusiewe en gevorderde een in die Provinsie.

Die Direktoraat: Strategiese Ontwikkelingsprogram is gestig om spesifieke funksies wat die Departement van Vervoer bydra tot dienslewering vir ons klinte te kordineer. Hierdie funksies sluit die gemeenskapsgebaseerde Toegangspadprogram, ingevolge waarvan ses paaie vanjaar gebou sal word, in.

'n Ervaringsopleidingsprogram vir studente in ingenieurswese is in die Departement van Vervoer ingestel om die pogings te ondersteun om geleenthede aan ons jeug te bied om tot die vervoerbedryf toe te tree en te verseker dat ons die kontinuteit van ons vaardighede tot voordeel van provinsiale vervoer koester.

Die Departement van Vervoer neem saam met die nasionale Departement van Openbare Werke deel aan 'n program van Skoon en Groen-projekte wat daarop gemik is om lewensomstandighede te verbeter in gemeenskappe wat nie na behore bedien word nie.

Die Departement van Vervoer verskaf steeds die fasilitering vir die bemagtiging van opkomende konsultante en kontrakteurs, asook werkskepping vir teikengroepe, soos vroue, die jeug en werkloses, deur middel van sy padbouprojekte.

Die departement se steun vir die Provinsiale Vigs-bewussynsprogram is sigbaar op die nasionale roetes in die Kaapse metropolitaanse gebied en hierdie bewussynsveldtog sal binnekort na die landelike gebiede uitgebrei word.

Ons sal moet wegbreek van die wyse waarop ons dinge in die verlede aangepak het en ruimte skep om meer effektiewe dienslewering aan ons mense op die voorgrond te laat tree.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Om aan hierdie proses meer stukrag te verleen, het strukturele veranderings onafwendbaar geword en bring dit mee dat ek met die wetlike bevoegdhede tot my beskikking, 'n meer vaartbelynde program van dienslewering aan die mense van die Wes-Kaap voorhou.

Die opgradering van die Subdirektoraat: Verkeersdienste tot 'n volwaardige direktoraat is reeds goedgekeur en die direkteur sal binnekort aangestel word.

Me die Voorsitter, ek het verlede jaar ges dat ek 'n voorstel aan die Kabinet gemaak het, deur die departement, dat ons die subdirektoraat opgradeer na 'n volwaardige direktoraat. Hiermee het ons reeds geslaag. Onderhoude is gevoer en ons sal eersdaags die kandidaat wat in hierdie pos aangestel sal word, aankondig. Ek beplan die totale herstrukturering van hierdie komponent, wat onder andere die afdelings, Voertuigadministrasie, Wetsadministrasie en Verkeersveiligheid sal insluit.

*Ek kom nou by die Begrotingstoewysings. Die toewysing vir 2000-01 vir die Departement van Vervoer beloop R428,169 miljoen. Dit sal min, indien enigiets, bereik in die vermindering van die geweldige agterstand in padrehabilitasie wat tans op R700 miljoen staan om slegs aan minimum standaarde te voldoen. Ons is gelukkig dat die uiters dro klimaattoestande in hierdie stadium help om die lewe van ons taamlik ou padinfrastruktuur te verleng. Ons kan seker daarvan wees dat 'n terugkeer na nat toestande die agteruitgang daarvan sal bespoedig.

Alle pogings word egter aangewend om ons inkomstebasis te vergroot, hoofsaaklik deur beduidende verhogings in die voertuiglisensiegeld, en daar is reeds melding gemaak van die bykomende inkomste wat deur persoonlike nommerplate ingebring word. Vanwe die erger wordende agteruitgang van provinsiale metropolitaanse en plattelandse paaie sal dit nodig wees om motorvoertuiglisensies te verhoog met - kan enige agb lid raai? - 25% met ingang van 1 Junie 2000. Ek kan egter die versekering gee dat alle bykomende inkomste slegs vir padonderhoud en opgraderingsdoeleindes beskikbaar gestel sal word. Daar word verwag dat die toename in lisensiegeld in daaropvolgende jare nie 20% sal oorskry nie. Die verhogings behoort nie private motorvoertuigeienaars beduidend te raak nie, maar daar sal van swaar voertuie, wat die meeste skade aan die paaie aanrig, verwag word om die volle las van hierdie verhogings te dra.

Die volgende punt waaroor ek wil praat, is vervoerwetgewing. Vervoer in hierdie provinsie behoort soveel moontlik deur provinsiale wette gerel te word wat spesifiek gemaak is om aan ons spesifieke behoeftes te voldoen. 'n Provinsiale Wetsontwerp op Vervoeradministrasie is dus opgestel. Ander provinsiale vervoerwetgewing wat in voorbereiding is, sluit die Wetsontwerp op Padbestuur, die Wetsontwerp op Vervoerregulering en die Wetsontwerp op Vervoerbeplanning in.

Wat vervoerowerhede betref, is goeie vordering in die Kaapse metropolitaanse gebied gemaak met 'n ondersoek na die instelling van die metropolitaanse vervoerowerheid. Die wenslikheidstudie wat tans aan die gang is, sal die vorm van die beheerliggaam en die tegniese uitvoerende liggaam identifiseer wat nodig is om die owerheid te administreer, gegrond op die funksies wat deur hierdie owerheid verrig moet word. Die eerste fase van hierdie proses sal vroeg in 2001 afgehandel wees. Ek is egter teleurgesteld dat dit nie baie vinniger gevorder het nie en ek en die departement - met mnr Petersen aan die hoof daarvan - sal probeer om dit te bespoedig sodat ons die owerheid aan die einde van hierdie jaar kan instel.

Me die Voorsitter, wat paaie betref, sal gesamentlike ondernemings tussen die privaatsektor en die Regering in die toekoms van die uiterste belang wees. Die Wes-Kaapse Departement van Vervoer kan nie langer alleen sy finansile verpligtinge nakom wat die paaie in die provinsie betref nie.

Deur 'n vierhoekige vennootskap tussen die ontwikkelaar Syfin, die Kaapse Metropolitaanse Raad, die Stadsraad van Tygerberg en die Provinsie word afritte gebou om toegang tot Giel Basson-rylaan vanaf die N1 in die omgewing van N1-Stad te bied, waar die Provinsie slegs 22,5% van die totale koste bydra. Die departement is ook betrokke by gesamentlike ondernemings by Saldanha en Century City. Dit is die soort vennootskap wat ons in die vooruitsig stel.

Die volgende punt wat ek wil toelig, is tolpaaie. Hoewel wetgewing om tolpaaie in die provinsie moontlik te maak tans bestaan, moet ons die bron van inkomste nie as 'n wondermiddel vir al ons finansile probleme beskou nie. Weens 'n ontoereikende verkeersvraag, sal baie min provinsiale paaie ooit lewensvatbare tolpaaie wees. Tolpaaie is egter ongetwyfeld 'n opsie om paaie te lewer wat aan bepaalde behoeftes voorsien, byvoorbeeld toerisme.
Die volgende punt wat ek wil uitlig, is die privatisering van weegbre. Die skade aan die Provinsie se paaie as gevolg van oorlaaide voertuie beloop jaarliks ongeveer R40 miljoen. In 'n poging om hierdie onaanvaarbare wetteloosheid teen te werk, sal my departement vanjaar die bedryf van sy weegbre privatiseer. Die weegbre sal gesamentlik deur personeel uit die privaatsektor en provinsiale verkeersbeamptes beman word. Die eerste brug sal op die N1 by Beaufort-Wes wees, sodat ons die swaar vragmotors daar kan keer.

Met betrekking tot die instandhouding van paaie, is, om die enorme agterstand van die provinsie se padnetwerk in te haal, vir die 2000-01-boekjaar R193,4 miljoen vir instandhouding toegewys. Van di bedrag is R16 miljoen nodig om gespesialiseerde instandhoudingsherstelwerk te befonds, wat volgens kontrak sal geskied.

Slegs R45,3 miljoen word vir roetine-instandhouding van gruispaaie voorsien, en net R34,7 miljoen is vir vars gruisoppervlakke beskikbaar. Aan die einde van die 2000-01-boekjaar, is die agterstand ten opsigte van vars gruisoppervlakke op R134 miljoen geraam.

Munisipaliteite sal R2 miljoen vir normale instandhouding en R2,3 miljoen vir herselingswerk ontvang.

Ek kom nou by kontrakkonstruksie. Die kontrakte vir die herstel van die vloedskade in Meiringspoort is op dreef, en di van Uniondalepoort en Caledon is feitlik voltooi. 'n Kontrak ten bedrae van meer as R2 miljoen vir herstelwerk van Chapmans Peak-pas is ook deur die Departement van Vervoer befonds.

Na verwagting sal die Meiringspoort-kontrak, wat na raming R50 miljoen sal kos, in Junie 2000 voltooi wees. In die uitvoering van di kontrak was die gebruik van plaaslike arbeid besonder suksesvol, want 18 maande lank was 162 arbeiders per maand in diens, wat sowat R250 000 per maand tot die ekonomie van die plaaslike gemeenskap bygedra het.

Na indringende ondersoeke het die kontrakteur oplaas in Februarie 1998 met konstruksiewerk by Uniondale begin, en 'n arbeidsintensiewe benadering met gebruik van plaaslike arbeid gevolg. Daar is gevolglik vir 'n tydperk van twee jaar elke maand 27 arbeiders in diens geneem, wat sowat R40 000 per maand tot die plaaslike ekonomie bygedra het.

Wat die 2000-01-boekjaar betref, sal konstruksie ten opsigte van groot projekte, wat in die begrotingsdokumente uiteengesit word, in aanvang neem. Ses projekte vir gemeenskapstoegangspaaie, wat deur gekeurde ontluikende konsultante ontwerp en gedokumenteer is, sal binnekort geadverteer word. Die paaie is by Nduli naby Ceres, Haarlem in die Langkloof, Ebenhaeser in die Weskus-gebied, Slangrivier naby Heidelberg, Tesselaarsdal naby Caledon en Merweville in die Karoo gele. Di tenders sal die nuwe voorkeur verskaffingskenmerke vir projekte met 'n waarde van minder as R2 miljoen insluit.

Kontrakte vir die volgende gesamentlike ondernemings met finansile bystand van ander belanghebbendes word tans vir advertering voorberei: die Stellenbosse Hoofverkeersweg, teen 'n geraamde koste van R15 miljoen, waarvan die Provinsie 40% gaan bydra; en die Saldanha-pad oor die spoorbrug, teen 'n geraamde koste van R14,7 miljoen.
Me die Voorsitter, die 2000-01-boekjaar bevat ook die volgende projekte: nuwe oppervlak vir die N7, R15,7 miljoen; herstel van die duiksloot naby Stanford onder Hoofpad 267, R1 miljoen; veiligheidsmaatrels naby Mosselbaai op Hoofpad 33, R3,8 miljoen; en verbeterings aan die draai by Rooihoogte op Hoofpad 30, R0,5 miljoen.

*Ek kom nou by openbare vervoer. Die Departement van Vervoer het die openbare vervoerbeplanningsproses in sowel die metropolitaanse as landelike gebiede aangedryf. In die metropolitaanse gebied het 'n baie betekenisvolle proses, gemik op die wesenlike herstrukturering van openbare vervoer, teen die einde van verlede jaar begin en dit sal vir nog twee jaar voortduur.

Wat taxi's betref, gaan die projek om minibus-taxipermitte van radiusgebaseerde na roetegebaseerde toelatings om te skakel, voort. Die bedryf self het hierdie maatrel oorwegend gesteun. Die proses om die bedryf te herkapitaliseer is tans aan die gang. Die registrasie van metertaxi's en hul bestuurders sal vanjaar begin. 'n Kantoor wat omsien na die behoeftes van hierdie deel van die bedryf sal binnekort gestig word.

Ek kom vervolgens by die voorsiening van busdienste. Subsidies word tans ingevolge 'n tydelike buskontrak aan die Golden Arrow-busdiens betaal om 700 busse in die metropolitaanse gebied in bedryf te hou. Die bedoeling is om die kontrak in sy geheel teen Maart 2001 te vervang.

Met betrekking tot verkeersveiligheidsbestuur, word padverkeersbestuur gekordineer deur nuwe bestuurstrukture op provinsiale, streek- en plaaslike vlak. Di strukture het groter wisselwerking tot gevolg tussen die onderskeie verkeersowerhede en ander funksiegebiede rakende verkeersveiligheid.

Me die Voorsitter, wetstoepassing het meegebring dat die ongeluksyfers tydens die feesdae duidelik dui op beter veiligheidsbestuur in hierdie provinsie. In die res van die land het sterftes in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar met 7,5% toegeneem, maar hierdie provinsie het 'n daling van 33% ervaar. Dit is 'n weerspieling van die gekordineerde wetstoepassingsprogram in die Wes-Kaap.

Ek kan net meld dat die nasionale Minister van Vervoer die Wes-Kaap in hierdie opsig gekomplimenteer het deur by die laaste Minmec-vergadering hierdie syfer as 'n voorbeeld voor te hou. Ek wil graag al die wetstoepassingsbeamptes in die Provinsie, sowel as in die plaaslike owerhede, bedank vir hul harde werk en die ywer waarmee hulle wetstoepassing op ons paaie handhaaf.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, die volgende punt wat ek wil beklemtoon, is vervoerveiligheidsplanne. Om die proses vir veiliger paaie in die provinsie te rig, het die Provinsiale Padverkeersbestuurderskomitee die Bestuursplan vir Padverkeersveiligheid opgestel wat die proses uiteensit wat oor die volgende vyf jaar gevolg moet word om ons doel te bereik om die getal ongevalle weens padongelukke in die Wes-Kaap met 10% per jaar te verminder.

Bedryfsplanne sal vir elk van die vyf streke in die provinsie ontwikkel word en die klem op spesifieke kommerwekkende sake in die streke l, asook op die individuele dorpe in daardie streke. Die bedryfsplanne sal die stappe wat in elke streek gedoen moet word om die strategie van die strategiese plan te verwesenlik, breedvoerig uiteensit.

Ek kom nou by die voetgangerbestuursplan. Voetgangersterftes in die Wes-Kaap verteenwoordig meer as 48% van die totale getal padsterftes in die provinsie wat, in vergelyking met die 38% nasionaal, baie hoog is. Die strategiese plan vir padverkeersveiligheid het die spesifieke oogmerk om voetgangersterftes in hierdie provinsie voor die jaar 2005 met 10% te verminder. Die voetgangerbestuursplan word dus ontwikkel vir inwerkingstelling in April 2000.

'n Verdere punt wat ek wil uitlig, is di van voertuigregistrasieplate. Die bekendstelling van die stelsel van verpersoonlikte en diskrete registrasieplate op 1 September 1999 was 'n reuse sukses. Tot op hede is R1,2 miljoen gen, wat die aanvanklike ramings met sowat 20% oorskry het.

Met betrekking tot die aanwending van staatsmotorvervoer, is verskeie beduidende ontwikkelings onlangs aangepak om die gehalte van die diens en gebruiksbestek van staatsvoertuie te verbeter. Die aanbring van kentekens op alle staatsvoertuie vorder goed.

Die beduidendste ontwikkeling is egter die besluit om met ingang van 1 April 2000 'n daaglikse tariefstelsel in te stel. Dit bring die departement in ooreenstemming met die manier waarop eise in die privaatsektor geprosesseer word. Daar word te veel van staatsvoertuie gebruik gemaak vir onnodige ritte, en ons wil graag daardie vermorsing van kapitaal teenwerk.

Werke

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Me die Voorsitter, die Tak: Werke is prinsipieel op die lees geskoei wat in die moderne sakewreld gevolg word, naamlik om sy kernbesigheid te identifiseer. Die primre doel van die Tak: Werke is dus om professionele en tegniese dienste aan klint-departemente te verskaf ten opsigte van provinsiale geboue en aanverwante infrastruktuur.

Die klem word gel op die begrip dat die Tak: Werke as fasiliteitsbestuurder sal optree vir alle klint-departemente. Dit is dus uiters belangrik dat die klint-departemente sal besef dat dit Werke se primre verantwoordelikheid is om toe te sien dat die bateportefeulje van die Provinsie in stand gehou word. In di verband wil ek mnr Van Heerden op reg bedank.

*Die Tak: Werke het pas 'n uitgebreide oudit van al ons geboue uitgevoer met die hoofdoel om 'n databasis te skep waarop die toestand en kondisie van geboue en infrastruktuur vasgel word. Die jongste syfers toon dat ons sowat 10 500 geboue het, met 'n benaderde vloeroppervlak van 7 miljoen vierkante meter. Die waarde van hierdie portefeulje is in die orde van R14 miljard.

Die toegekende Begroting vir Werke beloop R227,173 miljoen vir die 2000-01-boekjaar, wat 'n afname van R49,9 miljoen op die begroting van R277,1 miljoen vir die 1999-2000-boekjaar is. Die verskil is hoofsaaklik te wyte aan die verskuiwing van R19 miljoen na die program Administrasie, asook R74 miljoen, wat op 'n laat stadium op die 1999-2000-aansuiweringsbegroting toegeken is. Die enigste toename is die R44 miljoen wat die Departement van Gesondheid vir opgradering beskikbaar gestel het. Dit is 'n oordrag vanaf die nasionale departement.

Die Tak: Werke beplan om die toegekende fondse soos volg aan te wend. Die Begroting is in drie kategorie opgedeel. Die eerste kategorie is die oprigting van geboue en strukture, waarvoor die totale begroting R84,7 miljoen beloop. Di begroting word deur die klint-departemente gedentifiseer en befonds. Dit is soos volg toegeken: Gesondheid, 14 projekte ten bedrae van R10 miljoen; Welsyn, 1 projek ten bedrae van R2,5 miljoen; Onderwys, 28 projekte ten bedrae van R39,2 miljoen; Landbou, 3 projekte ten bedrae van R3,9 miljoen; Omgewing- en Kultuursake en Sport, 15 projekte ten bedrae van R6,5 miljoen; en Algemene Provinsiale Geboue, 15 projekte ten bedrae van R22,7 miljoen.

In die tweede plek is die Tak: Werke verantwoordelik vir die instandhouding van bestaande fasiliteite, die skoonmaak van geboue en die versorging van tuine. Die totale Begroting beloop R57,103 miljoen, en is soos volg toegeken: Omgewing- en Kultuursake en Sport, R3 miljoen; Gesondheid, R11,6 miljoen; Maatskaplike Dienste, R2 miljoen; Onderwys, R22 miljoen; Landbou, R1,5 miljoen; Algemene Provinsiale Geboue, R12 miljoen; Gehuurde Geboue, R5 miljoen; en Skoonmaak van Geboue, R3,4 miljoen.

Derdens is daar R67,3 miljoen vir die opgradering van geboue bewillig. Hierdie opgradering word deur die klint-departemente gedentifiseer en befonds. Die bedrag is soos volg toegeken: Gesondheid, R44,1 miljoen, en die Hospitaal Rekonstruksie- en Rehabilitasieprogram, R23,2 miljoen.

Ek wil dit beklemtoon dat die Tak: Werke nie oor genoegsame fondse beskik om na ons bates om te sien nie. Ek benodig ongeveer R1,1 miljard net om ons geboue op standaardvlak te bring. As verantwoordelike Minister pleit ek dat hierdie Provinsie nie sy nalatenskap moet afskeep nie. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het nou die Huis verlaat. Ek sal dit later met hom bespreek wanneer ons weer daaroor praat.

Me die Voorsitter, ek wil graag 'n woord van dank rig aan al die amptenare van hierdie Administrasie, veral vir hul aandeel in die sukses wat ons in hierdie Provinsie behaal het. Ek wil die Direkteur-generaal bedank vir die bekwame wyse waarop hy die hele Administrasie bestuur. Ek wil die Hoof van die Departement van Ekonomiese Sake, mnr Carel du Preez, bedank vir sy besondere bestuursvermo.

Voorts wil ek my waardering uitspreek teenoor mnr Van Heerden dat hy die bates van die Provinsie so na aan sy hart dra. Ek wil hom die versekering gee dat ek saam met hom vir die verkryging van meer fondse sal veg.

Ek wil ook graag vir mnr Roy Petersen bedank vir sy aandeel om die mense op ons paaie veilig te laat ry.

*Ek is baie jammer om die Huis te moet meedeel dat mnr Mike Spence, Hoofdirekteur: Vervoer, aan die einde van April 2000 sal aftree. Ek wil hom bedank vir sy samewerking en bydrae tot Vervoer in hierdie Provinsie.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil my personeel bedank vir hul goeie diens aan my. Ek weet hulle het dit nie altyd te maklik nie. Ek het onlangs gehoor dat een persoon vir 'n ander s, "It is hard in the mills, my love, it is hard in the mills."

Mag ons Skepper ons help om met ons talente en gawes in hierdie Huis nog meer diensbaar te wees tot voordeel van die mense van die Wes-Kaap, en mag ons geloof in ons Hemelse Vader ons op adelaarsvlerke dra om nog groter hoogtes te bereik. Aan God al die eer en dank. [Toejuiging.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek volg graag op die agb Minister van Vervoer en Werke. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die agb Minister te bedank vir wat hy in die departement doen. Sy Begroting van R650 miljoen maak van hom 'n ryksbouer van die eerste water! Hy beskik hopelik oor die infrastruktuur om te onderhou wat van hom verwag word om te onderhou.

Ek wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om mnr Roy Petersen en mnr Mike Spence te bedank. Ek het nie geweet dat mnr Spence volgende maand weggaan nie, maar ek sal 'n bietjie later by hom uitkom! Nou dat hy weggaan, wat gaan word van die Metropolitaanse Vervoerowerheid waaraan hy so hard gewerk het? Ons wens hom 'n gesende rustyd toe. Ek wil mnr Jakkie van Heerden en mnr Carel du Preez, as hoof van die departement, ook bedank vir wat hulle gedoen het en sal doen. Ons sien daarna uit om hulle in die jaar wat voorl, te ondersteun.

Me die Voorsitter, voordat ek met my toespraak begin, wil ek graag 'n paar opmerkings maak oor die Begrotingsrede van die agb Minister. Ek was bly om van die strategiese ontwikkelingsprogramme te hoor wat nou deel van Vervoer uitmaak. Ons het nie van hierdie programme geweet nie, hoewel die agb lid mnr Ramatlakane dit wel in die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling opgehaal het. Dit is vir my aangenaam om te sien dat daar 'n groot klem is op jeugopleiding, asook dat daar beurse vir tegniese en meganiese ingenieurs in Vervoer is. Ek dink dat dit kernbelangrik is. Ek is bly om te verneem dat dit genkorporeer is. Ek is nie seker waarom dit van die nasionale Departement van Openbare Werke na Vervoer geskuif is nie - miskien was dit 'n interne reling.

Die Witskrif wat die agb lid mnr Ramatlakane oor vervoer voorberei het, het verklaar en ek haal aan:

The vision of the department as published is an integrated, accessible, well-managed and maintained transport system throughout the Western Cape, which is recognised as making efficient use of resources, as being socially just in a way that advances broader developmental aims and objectives.

Daar is vier sake omtrent daardie visie van die departement waaroor ek sal praat in die tyd wat aan my toegeken is. Ten eerste is daar die Metropolitaanse Vervoerowerheid; ten tweede, die verskaffing van onderhoud en vervoerinfrastruktuur; ten derde, die skepping van eie-inkomste; en, laastens, die aspek van tolpaaie wat kernbelangrik is. Ek stem saam met en ondersteun mnr Carel du Preez as hy s dat ons in hierdie departement mense met visies moet wees en die element van vervoer holisties moet beskou.

Me die Voorsitter, oor die voorafgaande item glo ek dat ons ver gevorder het met hierdie aangeleentheid van die Metropolitaanse Vervoerowerheid. Daar is vandag weer in die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling melding gemaak daarvan dat die basisdokument oor die MVO in Januarie 1998 verskyn het. In Desember 1999 het al die rade byeengekom en ges dat hulle hulself vir die MVO sal beywer. Nou word aan ons ges dat 'n lewensvatbaarheid- en wenslikheidstudie uitgevoer sal word om te sien hoe dit holisties sal werk.

Ons gaan op 1 November deelneem aan 'n plaaslike regeringsverkiesing met nuwe strukture, 'n nuwe unistad - nuwe alles. Daarom maak dit eenvoudig nie sin nie. Die kernbelangrike aspek hiervan is dat dit 'n baie belangrike instrument is. Dit omsluit die ontwikkelingsbeplanning van vervoer. Een stap wat ek graag wil h dat die agb Minister moet doen as dit by die MVO kom, is om in hierdie kernbelangrike saak in te gryp en te kyk wat hy kan doen om vervoer aan die gang te kry. 'n Bedrag van R500 000 is aan hierdie instrument gegee om loodsprojekte in Kaapstad in te stel. Wat het met daardie bedrag geld gebeur?

Me die Voorsitter, die aspek van vervoer strek verder as dit. Ons verkeersituasie in die SSG is meer as kritiek; ons kan nie meer wag nie. Groot oorsese beleggers bestee 'n groot klomp tyd deur lewensvatbaarheid- en wenslikheidstudies oor alternatiewe vir 'n middestadvervoerstel te doen. Hulle begin krapperig raak. Die middestadmense vra elke keer: "Wat gaan ons doen om 'n nuwe interne padstelsel of spoorstelsel te skep? Wat gaan ons as 'n alternatief doen?" Ons s aan hulle: "Ons wag vir 'n beplanningstelsel" of "Ons wag vir die instelling van die Metropolitaanse Vervoerowerheid." Dit gaan al vir twee jaar so.

Elke ontwikkeling bedra in die omgewing van R100 miljoen of R200 miljoen. Hierdie beleggers het uit Frankryk en Engeland verskuif en hulle in Kaapstad gevestig om hierdie plan in werking te stel. As hulle weet dat baie min in hierdie verband gedoen is, gaan hulle baie teleurgesteld wees en sal hulle onttrek. In teenstelling met die algemene opvatting glo ek dat dit maklik meer kan kos om as alternatief niks te doen nie as die onkoste van vervoeropeenhoping, die verskaffing van parkering, vervoerbestuur, die verval van die omgewing en 'n verlies aan inkomste uit toerisme in berekening gebring word.

'n Studie oor vervoer het beraam dat 'n gentegreerde middestad openbare vervoerstelsel 'n bykomende 8 miljoen motorritte per jaar teen die jaar 2015 moontlik sal maak. Dit sal ons stad in die praktyk R1,5 miljard bespaar. Die besparings wat die stad sal verwesenlik bloot deur nie parkering te verskaf nie sal meer wees as die kapitaalkoste van 'n uitgebreide ligte spoorstelsel. Dit sal ook, op sy beurt, volhoubare direkte werkgeleenthede verskaf en beslis 'n positiewe langtermynontwikkeling teweegbring op die terreine wat dit bedien - ek weet dat die departement openbare/private vennootskappe sterk ondersteun.

Me die Voorsitter, die tweede kwessie waarna ek wil verwys, is die kwessie van verskaffing en onderhoud van paaie. Ons het vandag gehoor dat daar 'n agterstand van R700 miljoen is en dat ons vanjaar R93,4 miljoen begroot het met R16 miljoen vir gespesialiseerde finansiering. Ons moet die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gelukwens met die geld wat uit die casinolisensiebod ontvang is. Ons sou graag wil h dat die agb Minister hiermee moet voortgaan in die toekoms. Ek is nie 'n geesdriftige ondersteuner van casinogeld nie, maar ek hoop wel dat die agb Minister hierdie fondse vir padonderhoud sal aanwend.

*Mnr P C MCKENZIE: Oppas!
*Mnr M LOUIS: Ek wil aan die agb lid mnr McKenzie s dat aangesien ons dit ontvang, ons dit net sowel kan bestee!

*Mnr P C MCKENZIE: Ek sal daardie deel van u toespraak aanhaal! Dit is teen u party se beleid.

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, nou dat 'n Nasionale Wetsontwerp op Landvervoer op goedkeuring in die NRVP wag, hoop ons dat die staande komitee die Wes-Kaapse Wet op Vervoeradministrasie, die Wet op Vervoerbeplanning, die Wet op Vervoerregulasies en die Wet op Padbestuur sal afhandel.

Ons is ook bly dat R2 miljoen voorsien is vir die heropbou van Chapmans Peak-rylaan en ons hoop daardie werk sal gou gedoen word. Ek weet nie of die Argus-Fietstoer Chapmans Peak vanjaar as deel van hul roete sal gebruik nie omdat dit nog 'n gevaarlike opsie is.

Me die Voorsitter, die derde aspek is die skep van eie-inkomste. Ons is teleurgesteld om weer eens te hoor dat die enigste wyse waarop vervoer ekstra inkomste kan skep - en ons verstaan dit - die 15% of 20% verhoging in lisensiegeld is. Die ACDP glo vas dat ons alternatiewe wyses moet kry om inkomste te skep. Ons kan nie aanhoudend 'n onderhoudsbegroting uit lisensiegeld, wat juis die mense raak wat ons probeer help, toepas nie. Dit is nie 'n baie goeie benadering nie.

Ons moet na alternatiewe kyk. Ek weet dat dit 'n sensitiewe onderwerp is, maar advertensies langs gedentifiseerde paaie is iets wat altyd opduik. Ons voel sterk omtrent die feit dat hierdie advertensieskerms nie inbreuk moet maak op die sensitiwiteit van die omgewing nie. In oorsese lande verskaf wreldwye advertensies 'n groot klomp welvaart. Of ons nou bre gebruik of na 'n paar aantreklike programme kyk, 'n beleid moet daargestel word om te sien hoe ons ekstra inkomste kan skep.

Laaste, maar nie die minste nie, ten opsigte van hierdie departement is daar tolpaaie. Ek is persoonlik teleurgesteld oor tolpaaie. Verlede jaar was ons van mening - en veral die ACDP - dat ons besig was om tolpaaie deur te stoomroller en ons wou 'n meer inklusiewe benadering gehad het. Ek is ongelukkig berispe omdat mense van mening was dat ons die proses te vinnig aangejaag het.

Die Wes-Kaapse Sakekamer en die Kaapse Metropolitaanse Raad het tolpaaie tegestaan. Hulle wou weet waarom tolpaaie geskep moes word en het ges dat tolpaaie nie inkomste in die provinsie skep nie. Die departement en die agb Minister het te kenne gegee dat die beleid en konsepregulasies opgestel was en dat daar onmiddellik met reklame begin kon word en die wetgewing teen Februarie in werking gestel kon word.

Mnr die Voorsitter, dit is amper April. Die tydperk vir kommentaar op die beleid verstryk teen die einde van April en daar is berig dat die konsepregulasies nog steeds nie voltooi is nie en ons moet nog die Kabinet nader. Dit beteken dat die proses nog 'n paar maande in beslag sal neem en tolpaaie eers teen ongeveer Julie of Augustus in werking gestel sal word. Ek wil vandag my teleurstelling en kommer oor hierdie aangeleentheid in die Huis uitspreek. Oorlegpleging oor tolpaaie met rolspelers het nie geskied nie. Na my mening is 'n gentegreerde en inklusiewe benadering nie gevolg nie. Daar moes groter inklusiwiteit gewees het.
Mnr die Voorsitter, Werke l steeds vir my na aan die hart. Ek glo dat baie min agb lede in die Huis inderdaad die geweldige rol wat Werke vervul, begryp. Eers as 'n mens in die departement was kan jy die ingewikkeldheid en die goeie werk wat hulle verrig, verstaan. Ek wil in opregtheid aan hulle s dat hulle baie goed gevaar het en hulle bedank vir die werk wat hulle doen.

Ek wil aandag gee aan vier aspekte in Werke. Ten eerste is daar transformasie; ten tweede, ontwikkeling en inwerkingstelling van 'n akkommodasieprogram; ten derde, konstruksie en onderhoud; en, laastens, die Merlin-stelsel.

Die grootste uitdaging vir di departement is die aspek van transformasie. Ons het gesien dat een uitdaging wat hierdie departement nie die hoof gebied het nie, die inwerkingstelling van 'n beleid van transformasie is. Dit is nie die geval dat hulle nie probeer het nie. Ek besef die belangrikheid van die vaardighede en die ondernemersgesinde aard van die werk in hierdie departement. Hulle het wel 'n transformasiebeleid daargestel, maar ons wil graag sien dat dit in die jaar 2000 en 2001 in werking gestel word, sodat 'n positiewe opmerking in daardie verband gemaak kan word.

Mnr die Voorsitter, die tweede aspek is die akkommodasieprogram. Die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling sou graag die voltooide akkommodasiemodel wou ontvang om te verseker dat provinsiale geboue optimaal benut word. Dit is aangenaam om te hoor dat die gebou by Grand Parade nou voltooiing nader vir huurnemings, en om te verneem van die verskeie projekte by skole en hospitale wat deur hierdie departement verskaf word.

Die een aspek wat my altyd ten opsigte van Werke bekommer - en ek is seker dat die agb Minister met my sal saamstem - is dat die Departement van Gesondheid verslag sal doen dat hulle, byvoorbeeld, 11 hospitale bou en dat die Departement van Onderwys verslag sal doen dat hulle ses skole bou. Hulle weet egter nie dat die mense wat werklik vir hierdie oefening verantwoordelik is, by Werke is en nie die nodige erkenning daarvoor kry nie. Die agb Minister het vandag verslag gedoen oor verskeie projekte waarby Werke betrokke is. Die ware werk - waar die voet die pad tref - word by Werke gedoen. Hulle behoort soms erkenning te kry vir die werk wat hulle doen.

Mnr die Voorsitter, nog 'n aspek is akkommodasie. Mnr Jakkie van Heerden het ges dat die akkommodasiedokument teen die einde van die maand voltooi sal wees.

Ons is bekommerd oor parkeergeriewe vir provinsiale geboue in die sentrale sakegebied. Ons moet nie op die kort termyn konsentreer nie; ons moet op die lang termyn konsentreer en ons moet aandag gee aan die probleem van die verskaffing van parkeerplek. Die staande komitee sal die verskaffing van parkeergeriewe in die plan noukeurig moniteer.

Dit is vir my aangenaam om die harde werk te sien wat in Dorpstraat gedoen is en dat die werk nou afgehandel is. Ek moet eerlik wees - en ek hoop die Departement van Werke beskou dit as 'n opbouende opmerking - en s dat ek uiters teleurgesteld was met die ontwerp en uitleg toe ek die ministerile suites op die sewende vloer besoek het. Ons moet hieruit leer dat ons, wanneer ons geboue ontwerp, soms beroepslui moet betrek en 'n meer inklusiewe benadering moet volg.

Hoeveel van die Ministers is byvoorbeeld geraadpleeg ten opsigte van watter konferensiegeriewe hulle wou h? Die uitleg van daardie vloer is nie aantreklik nie en ons as 'n Provinsie kan finansieel net die verloorders wees. Ek rig in hierdie verband 'n uitdaging tot die departement.

Terselfdertyd wil ek graag die agb Minister bedank vir die besteding van R2 miljoen aan die gebou in Dorpstraat en die Provinsiale Parlement. Ons moet egter nie die oefening herhaal waar daar nie oorleg gepleeg word met lede oor aantreklike en skeppende idees oor wat na hul mening werklik geslaagd is nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Voorsitter, ek wil aandag gee aan die kwessie van onderhoud. Baie lede het reeds oor hierdie saak gepraat. Daar is 10 000 geboue in die provinsie, met 'n begroting van R57 miljoen. Die agb Minister het na die feit verwys dat ons nie oor genoeg finansile hulpbronne beskik vir opknappingswerk nie. Om ons geboue in stand te hou, moet ons kyk na die skep van meer onderhoudsfondse deur geboue te verkoop en die geld in 'n kapitaalfonds te stort.

In die Witboek - en ek weet nie of mnr Leon Fourie luister nie - word R44 miljoen onder Gesondheid begroot vir die opgradering van hul geriewe, maar ek weet dat Werke ook op hul begroting voorsiening gemaak het vir R44 miljoen vir die opgradering van Gesondheid se geriewe. Ek sou dit waardeer as dit aandag kon geniet en as mnr Leon Fourie daaroor aan my kon verslag doen. Dit is dalk 'n duplikasie, en ons moet versigtig wees wanneer dit kom by die duplikasie van fondse vir onderhoud omdat 'n duplikasie van daardie omvang tot nadeel van die Provinsie kan wees.

Mnr die Voorsitter, laastens wil ek iets s oor Merlin, waaroor ek ook vandag in die staande komitee gepraat het. Baie kritiek is daaroor uitgespreek, maar ons moet volle operasionele doeltreffendheid teen die einde van Maart h, asook die inwerkingstelling van 'n volledige liasseer- en registrasiestelsel.

Ek wil graag afsluit deur die departement en al die lede van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling te bedank vir hul bydrae en die rol wat hulle vanjaar sal vervul. Ek wens albei departemente ook 'n baie spesiale 2000 en 2001 toe.

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, vanoggend tussen 05:00 en 05:30 het ek op die Worcester-Robertson-pad gery en nie minder nie as ...

Mnr A ISMAIL: Huis toe of werk toe?

Mnr R J KING: In hierdie rigting, van Robertson na Worcester.

Me die Voorsitter, ek het vanoggend nie minder nie as vier voertuie gekry wat te groot en te wyd is, met trekkers op, en so meer, wat deur voertuie begelei word. By elk van hierdie vier "verstoppings" in die pad was daar 'n opeenhoping van 'n string motors, en dit tussen 05:00 en 05:30. Oral langs die paaie het daar by die aftrekplekke van die geweldige groot perd-en-sleepwa-voertuie gestaan. Ek het tot nege van hulle op een aftrekplek langs die pad sien staan. Dit is duidelik dat di pad nou sy kapasiteit tot so 'n mate bereik het dat daar geen ander uitweg was dat dit hierdie belangrike voorkeur op die Begroting gekry het nie.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, die goeie nuus vandag is dat dit, vir die eerste keer in die 21 jaar wat ek al vir di pad pleit, in volle krag op die Begroting is. Om die waarheid te s, die tenders het reeds gesluit, en binne twee maande moet die bouwerk begin.

Ek wil die agb Minister van Vervoer en Werke, mnr Petersen en die ander amptenare van die Departement van Vervoer opreg bedank. Hulle het in hul wysheid besluit om die aanvanklike besluit om te keer. Aanvanklik is besluit om in die tweede fase die pad vanaf Robertson na Worcester tot by Rooiberg te bou. Hulle gaan nou op die punt hervat waar hulle opgehou het, waar ongeveer 1 km nuwe pad l, en daarvandaan aanbou in die rigting van Robertson.

Me die Voorsitter, ek s hulle het "in hul wysheid besluit", want dit is die stuk pad wat op die oomblik die meeste kos om in stand te hou. Dit is die stuk pad waarmee die vinnigste gevorder kan word omdat daar geen werklike duur bre op die pad is nie. Di stuk pad is geweldig gevaarlik, soos diegene wat die pad baie ry sal weet, omdat die hellings op baie plekke so hoog is dat 'n bestuurder die aankomende verkeer glad nie kan sien nie, en waar baie mense wat die pad nie goed ken nie, al baie groot oordeelsfoute gemaak het en hul lewens ingeboet het.

Di pad het werklik sy optimum-drag bereik. Ek wil vandag vir een en almal wat oor die jare heen met my saam gestry het, opreg bedank vir die feit dat hulle my hand gevat het met di pad. Ek dink byvoorbeeld aan die agb lid mnr Ismail, wat oor 'n lang tydperk met my daarvoor gestry het, en die agb lid mnr Gelderblom, wat nou die lang pad Oudtshoorn toe moet vat.

Me die Voorsitter, as alles volgens plan verloop, en die agb Leier van die Opposisie nie weer 'n stok in die wiel steek nie, soos hy twee, drie jaar gelede gedoen het nie, sal die pad eersdaags voltooi wees. Dit is die hartseer van die hele storie. Di pad kon klaar gewees het. As hy nie drome gedroom het van mense wat met casinolisensies bedrog gepleeg het, en so meer nie, het ons die geld gehad om die pad klaar te bou.

Miskien is dit 'n goeie ding dat ons dit vanjaar kan doen. Die verkiesing is op hande. Dit het nou wel nie vir die vorige verkiesing getel nie, maar nou kan ek dit goed in my verkiesingsveldtog gebruik om stemme in my kiesafdeling te werf.

Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Vervoer en Werke bedank. Hy het onlangs by my besoek afgel om te help by Rooiberg. Waar die belangrike pad van Vinkrivier indraai en waar die Rooiberg Koperatiewe Kelder se afsetgebied is, het hy na die mense se verto kom luister. Ek het 'n faks op my bank wat ek vanoggend ontvang het, waarin die kiesers hom bedank en waarin hulle my inlig dat die onderhandelinge geslaag het. Dit is 'n pragtige voorbeeld van private inisiatief, die Staat en die streekdiensteraad wat gaan saamwerk met die kontrakteurs wat die pad gaan bou, waar elkeen sy eie bydrae gaan maak. Almal gaan saam probeer om die probleem wat die agb Minister daar geien het, op te los. Ek bedank hom opreg daarvoor.

Me die Voorsitter, ek was reeds met die agb Minister in gesprek oor Regulasie 207 van die Padverkeerswet, 1989 (Wet 29 van 1989). Dit is die regulasie wat bepaal dat die klaringsbewys onder in die linker hoek van die voorruit van 'n voertuig vertoon moet word.
Ek het nog nooit werklik aandag gegee aan waar die klaringsbewys moet sit nie - of dit onder of bo op die voorruit van 'n voertuig moet sit nie. Ek het altyd gedink dit is 'n goeie ding as 'n mens wel die klaringsbewys op die voorruit van jou voertuig het, want blykbaar ry baie mense deesdae daarsonder.

Op 'n dorp in my bedieningsgebied, waarvan ek die naam nie nou wil noem nie, het iemand by die verkeersdepartement op 'n dag klaarblyklik op die regulasie afgekom en besluit dat dit 'n lekker manier van geld maak is. Hulle stap toe die hele dorp deur en skryf vir feitlik almal op die dorp R100-boetekaartjies uit, en almal moes hul boetes betaal. Agb lede kan vir hulle die ongelooflike onmin indink wat daaruit voortgevloei het.

Ek wil die agb Minister versoek dat die mense moet ten minste gewaarsku word as so iets kom, want of my klaringsbewys bo op die voorruit is of onder in die hoek, ... [Tussenwerpsels.] ... solank ek dit net het. Ek sal bly wees as die agb Minister 'n sagte vermaning sal uitreik, sodat daar sagter gewerk word met die mense wat sorg dat hulle wel die skyfie het. Ek sal dit baie waardeer.

Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Vervoer en Werke weer eens opreg bedank. Ek aanvaar dat hy vir ons sal kom kuier wanneer ons die Worcester-Robertson-pad natgooi.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, dit was vir my interessant om te merk dat die agb Minister van Vervoer en Werke in sy Begrotingsrede aan die begin van die debat isiXhosa gepraat het. Die ANC-boodskap en druk op die koalisie begin resultate lewer, in so 'n mate dat die agb Minister beskou word as die persoon wat die vaandel dra deur hierdie taal te praat. Knap gedaan!

Dit is vir my baie aangenaam om aan die debat oor Vervoer en Openbare Werke deel te neem. Agb lede sal merk dat ek nie die naam "Werke" gebruik nie, want die regte naam van hierdie departement is, volgens die Grondwet, "Openbare Werke". As hulle Bylae 4 by die Grondwet lees, sal hulle dit sien.

Ek wil graag glo dat ons wegbeweeg het van 'n gefragmenteerde Departement van Werke waar al die departemente aanspraak maak op 'n reg om te bou en/of 'n bate onafhanklik van die Departement van Openbare Werke te skep. Vroer, in die staande komitee, is ons meegedeel dat daar geen fragmentasie was nie, en 'n ander antwoord is aan ons verstrek. Ek het in September 1999, in antwoord op die agb Minister se 100-dae Visietoespraak, daarop gewys dat hulle, solank hulle op 'n gefragmenteerde wyse voortgaan, op 'n groot ramp afstuur.

Die kwessie van die uitwissing van armoede verg 'n geweldige groot Openbare Werke-program, wat deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke aangedryf word. Die verandering van die naam van Openbare Werke na Werke vertoon duidelik die Kabinet se nie-verbintenis tot werkskepping. Die Wes-Kaap wil altyd graag sy eie koers ingaan, en, soos 'n eiland, op sy eie wees. Die gebrek aan hulpbronne vir die departement op die terrein van werkskepping en armoedebestryding spreek boekdele. Dat armoedebestryding as 'n byvoegsel of op 'n ad hoc-grondslag hanteer word, is 'n tragedie. 'n Gentegreerde program wat deur die Departement van Vervoer en Openbare Werke aangedryf word sou 'n stap in die regte rigting wees om 'n blywende oplossing vir hierdie aangeleentheid te kry.

As 'n mens oor werkskepping praat, hou jy in gedagte dat baie ges is oor die armoedeprogram wat deur die agb Minister in die Kantoor van die Premier hanteer sou word, sonder dat 'n gedetailleerde plan verskaf is oor hoe dit hanteer sou word. Dit kwel my om kennis te neem daarvan dat hierdie departement, teen die agtergrond van ho werkloosheid in die Wes-Kaap, wat lyding veroorsaak onder die armstes onder die armes, blank sowel as swart, werkskepping nie meer as een van sy prioriteite het nie. Die kernbelangrike vraag waaroor ons in die ANC wonder, is hoe die provinsiale departement se Begroting kan bydra tot werkskepping en die vaardigheidsontwikkeling van arm mense, blank sowel as swart.

Soos die geval in die meeste lande is, gaan werkloosheid en armoede hand aan hand in die Wes-Kaap. Apartheid het die meerderheid van die bevolking in armoede gelaat, met min toegang tot indiensneming, onderwys, beter basiese dienste en dies meer. Die belangrike verskil is dat daar ten opsigte van vlakke van armoede en werkloosheid duidelike verskille tussen die rassegroepe is. Die verslag oor armoede en ongelykheid in Suid-Afrika meld dat 61% van die Afrikane, 38,2% van die bruines, 5,4% van die Indirs en 1% van die blankes arm is. Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van inkomste-ongelykheid in die wreld, en armoede word hoofsaaklik volgens rassegroepe versprei en is hoofsaaklik die gevolg van die beleid van apartheid.

Hierdie aangeleentheid is nou al vir amper drie dekades die onderwerp van heftige debatvoering. In die Wes-Kaap word aan ons ges dat ons ons nie moet bekommer nie, want werkloosheid hier is laer as die nasionale gemiddelde. Die agb Premier het dit uitgespel tydens sy Rede met die opening van die Provinsiale Parlement.

Wat vir ons almal baie duidelik is, is dat armoede 'n spesifieke klas in ons gemeenskap raak. Dit is die swart werkersklas. Daar moet kennis geneem word daarvan dat die voorheen bevoorregte klas en hul ondersteuners die retoriek aangeleer het - hulle praat gladweg oor hoe om armoede te hanteer. Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het breedvoerig hieroor en oor sy rol in die hantering van armoede gepraat. Die Begroting vertoon egter duidelik 'n gebrek aan toewyding.

Die Departement van Vervoer en Openbare Werke behoort gerat te wees om armoede deur middel van die Openbare Werke-program te hanteer. Die werkersklas weet goed waarvan ons praat as ons oor armoede praat. Al die blanke Afrikaners wat deelgeneem het aan die nasionale openbare werke-program van die 1920s en 1930s en die probleme van daardie tydperk kan onthou, kan hiervan getuig. Die voormalige lede van die Arbeidersparty, wat later by die NP aangesluit het, weet waarvan ek praat. Hulle weet hoe dit is wanneer daar in hierdie provinsie gepraat word van armoede in die konteks van die arm swartes - in die inklusiewe sin van bruines, Indirs en Afrikane.

Die agb Ministers van Ekonomiese Sake en Toerisme en van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, en die agb lid mnr Silke kan nie uitsprake maak oor hierdie aangeleentheid nie, vanwe hul agtergrond as lede van die bevoorregte klas wat geen geskiedenis het daarvan dat hulle aandag gegee het aan die lot van die arm mense in hierdie land, veral in die Wes-Kaap, nie. Ons verwys na blank en swart as ons van werkersklasse praat. Die DP is verbind tot die verdediging van die voorregte van die voormalige blanke regerende klas. As hulle op hierdie wyse in die Wes-Kaap voortgaan, sal hierdie kanker van werkloosheid en armoede die kanse op herstel vernietig.
Die kernbelangrike vraagstuk waarvoor ons almal te staan kom, is hoe ons die Begroting kan gebruik om die situasie om te keer. Ons moet werk kan skep deur Vervoer en Openbare Werke. Werkloosheid en armoede bly vyand nommer een. Ons wonder waarom die Wes-Kaapse Regering nie die Openbare Werke-program as 'n gentegreerde prioriteit in die armoedebestrydingsprogram sien, waar geld bewillig word vir projekte om infrastruktuur in die openbare sektor te skep en werkskeppingsprojekte, nie.

Openbare Werke is nie in die Wes-Kaap onbekend nie. Tydens die vorige termyn is sowat 101 projekte wat met Openbare Werke verband hou, onderneem, wat bates geskep het, die gemeenskap bemagtig het en baie werk geskep het. Ons ken programme soos Skoon en Groen, waarna die agb Minister vroer verwys het. Ons ken die gemeenskapsgebaseerde Openbare Werke-programme, die sogenaamde NEF, die landelike Gemeenskapsindiensnemingsprogram en die Vervoer loodsprojek wat daarop gemik is om werk te skep en vaardighede in die gemeenskap te ontwikkel.

Die Begroting van hierdie gekombineerde departement moet teruggaan na die basiese elemente van die opstel van 'n program wat sal help in die stryd om armoede uit te wis. Die gemeenskappe van Clanwilliam, Lutzville, Thembalethu, Murraysburg, Stellenbosch, Khayelitsha, Heidelberg, Vermaaklikheid, Leeu-Gamka, Ocean View, Langa, Prince Albert, Knysna, Hopefield, Malmesbury, Bloekombos, Wuppertal, Casablanca, Witsand, Melkhoutfontein, Herbertsdale, Imizamo Yethu, Klaarstroom, Lwandle, Porterville en baie gemeenskappe wat ek nie hier genoem het nie, het 'n boodskap aan ons gestuur. Hulle het gevra: "Wanneer gaan ons dit beleef dat meer projekte na ons gebiede kom? Is dit omdat die koalisieregering nie daartoe verbind is om 'n verbetering in ons lewens te bewerkstellig nie?" Ek het in antwoord ges dat die onheilige koalisie van die Nuwe NP/DP nie oor die politieke wil beskik om aandag te gee aan die probleme van die arm mense in hierdie provinsie nie. Voorts het ek ges dat die gesamentlike taak van die mense was om hierdie koalisie in die komende plaaslike regeringsverkiesings te verwyder sodat ons, saam met die raadslede, die HOP in werking kan stel.

Die studie wat ten opsigte van die Openbare Werke-program gedoen is, het aan die lig gebring dat die meeste poste geskep is deur regeringsgedrewe programme. Internasionale ondervinding bevestig dat hierdie land op die regte pad is ten opsigte van sy Openbare Werke fokus. Tuis, hier in die Wes-Kaap, het dit die geleentheid geskep vir vroue en jeug om bevoordeel te word deur die gemeenskapsgebaseerde Openbare Werke-program.

Me die Voorsitter, ek praat van 'n grondwetlike mandaat wat verontagsaam word. Ek s dat die mite dat vroue nie dieselfde werk as mans kan doen nie, nou die nek ingeslaan is tydens die proses van inwerkingstelling van openbare werke-programme op internasionale vlak. Bangladesj, Indi, Kenia, Pakistan, Ghana, Botswana en Suid-Afrika het hierdie feit bewys. In die tydperk tot 1979 het die Wes-Kaap 1,36 miljoen werkdae, of 5 222 persoonjare geskep as gevolg van die Openbare Werke-programme.

Die KMMO-sektor behoort die teiken te wees vir Openbare Werke-kontrakte, nie slegs vir regstellende optrede doeleindes nie maar ook omdat dit 'n aansporingstruktuur vir die inwerkingstelling van arbeidsintensiewe konstruksiemetode is, sonder verwysing na beleggings in geel masjiene.
Me die Voorsitter, ons doen 'n beroep op die Provinsiale Parlement om werkskepping en armoedebestryding ernstig op te neem. Hulle moet programme wat aandag gee aan werkloosheid en armoedebestryding onder die Departement van Vervoer en Openbare Werke integreer. Hulle moet voorts onmiddellik die gefragmenteerde Openbare Werke-funksies van die drie departemente onder Vervoer en Openbare Werke konsolideer.

Die agb Minister in die Kantoor van die Premier beskik nie oor die vermo om armoede te hanteer nie. Daardie agb Minister sou dit op 'n ad hoc-grondslag of as 'n byvoegsel hanteer. Ons versoek dus die oordrag van die R10 miljoen vir armoedebestryding na die departement van die agb Minister van Vervoer en Werke, sodat daar aandag gegee kan word aan armoedebestryding as 'n gentegreerde Openbare Werke-program.

Me die Voorsitter, die agb Minister het breedvoerig oor paaie gepraat. Ek gaan nie daarna verwys nie. Daar is ges dat die bou of rehabilitasie van paaie aandag sou geniet. Dit is egter my standpunt dat die uitvoering daarvan langtermynbeplanning verg, wat voorsiening behoort te maak vir werkskepping in die konstruksietydperk. Ek glo dat voormelde beplanning as gevolg van die MTEF-proses gedoen moet word.

Dit is 'n bekende feit dat die Begroting van R428,169 miljoen vir Vervoer en R227,173 miljoen vir Werke hierdie aangeleentheid sal hanteer. 'n Begroting van hierdie aard sou 'n geleentheid kon bied om programme te ontwikkel vir veral die rehabilitasie van en onderhoud aan die Kaapse grondpadnetwerk. Oor die afgelope 22 jaar is meer as 20 000 km paaie elders in Afrika gebou en onderhou deur middel van arbeidsintensiewe konstruksiemetodes, wat duisende werkjare geskep het. Die voormelde strategie, indien uitgevoer, sou baie doen om in die provinsie aandag te gee aan hierdie saak.

Me die Voorsitter, die ander kwessie van belang is di van KMMOs en dit moet dringende aandag geniet as 'n metode om sosio-ekonomiese doelwitte te verwesenlik. Metodes moet gesoek word om die beperkte mate van toegang vir nuwe kontrakteurs te oorkom. Ondersteuning aan klein- en mediumondernemings moet op vier hoofterreine gebied word: toegang tot advies; toegang tot opleiding; oorbruggingsfinansiering/finansiering; en die aanpassing van kontrakdokumente.

Die aangeleenthede van openbare vervoer verg gesamentlike aandag. Die visie in die Witskrif is reeds uitgespel. Ek gaan dit nie herhaal nie. Die agb Minister het aan ons 'n aanduiding gegee van hoe hy hierdie saak sal hanteer. Die Witskrif en die Begroting weerspreek mekaar regtig. Die visie van die Witskrif en dit wat in die Witboek van die Begroting uiteengesit word, is nie dieselfde nie. As ons op daardie wyse voortgaan, sal ons die verkeerde uitsette verkry. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, dit is vir my aangenaam om te s dat Mincom resultate gelewer het in die herstrukturering en herorganisasie van die minibus-taxibedryf, soos die agb Minister vroer aangedui het. Daar is egter probleme wat dringend aandag nodig het. Ek is tevrede dat Mincom besluit het om hierdie proses uit te brei ten einde volledig aandag te gee aan die onafgehandelde taxiprobleme. Die agb Minister het nie na hierdie saak verwys nie, maar miskien is hy van voorneme om in sy repliek daarna te verwys.

Ons in die Wes-Kaap weet watter standpunte deur die agb Minister verwoord is. Ek wil egter graag voorstel dat ons die aangeleentheid van die herstrukturering en herorganisering van die minibus-taxibedryf as 'n administratiewe saak hanteer. Die data is vasgel. Ons weet dat elkeen wat geregistreer het, reeds in die stelsel opgeneem is. Ons hoef dit nie in die openbaar te doen nie. Ons moet dit vasl, en intern aandag gee aan die probleme. Ek het hierdie saak by twee geleenthede teenoor die agb Minister opgehaal en hy het belowe dat hy aandag sou gee aan die saak. Ek het die toespraak gelees, en daar word ges dat hier geen probleem is nie.

Daar is taxi-operateurs op die galery.

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: [Onhoorbaar.] ... saam.

*Mnr L RAMATLAKANE: Saam? Goed. Dankie. Daar is taxi-operateurs op die galery wat bly sit, en geduldig wag om te hoor dat daar aandag gegee is aan die probleem van hul vervoerpermitte.

Die tweede laaste saak, me die Voorsitter, is die kontrakstelsel. In die staande komitee is die versekering aan ons gegee dat die kontrakstelsel in die integrasie van die openbare vervoerstelsel nie die klein- en mediumondernemings, die klein operateurs, sal uitsluit nie. Boeta Jannie met sy bus in Manenberg moet deel wees van hierdie proses, en so ook Boeta Jannie in Grassy Park. Die mense moet by die proses betrek word. [Tussenwerpsels.] Die versekering is aan ons gegee dat dit sal gebeur. Die ANC sal voortgaan om 'n proses te beveg wat klein- en mediumondernemings uitsluit. [Tussenwerpsels.] Ek wil graag afsluit deur te s dat ons sal voortgaan om ons ondersteuning te gee aan die prosesse wat aandag gee aan die probleme in die openbare vervoerstelsel.

Laastens is daar die kwessie van 'n maatskaplike handves om te bepaal watter soort openbare vervoer verskaf sal word, wat ook 'n handves sal wees wat gehalte bepaal. Ons s dat ons teen die tweede helfte van hierdie jaar in staat behoort te wees om die maatskaplike handves ter tafel te l, waarin die mense sal s watter soort openbare vervoer hulle wil h.

Me die Voorsitter, ek wil die hoof van die departement en die amptenare bedank. Ek wil mnr Mike Spence veral uitsonder, wat 'n oorplasing van daardie pragtige provinsie, KwaZulu-Natal, aanvaar het om na die Wes-Kaap te kom. Ons wens hom voorspoed toe met sy aftrede in 'n aftree-oord. Ons verklaar natuurlik steeds ons steun vir die departement in hul verwesenliking van die oogmerke van openbare vervoer, soos in die Witskrif uiteengesit. Dit is nie bloot toepaslike vervoer, soos dit in een van die dokumente gestel word nie, maar 'n gentegreerde openbare vervoerstelsel.

Mnr A ISMAIL: Me die Voorsitter, ek wil my onmiddellik aansluit by die vorige spreker wat sy dank uitgespreek het teenoor die hoofdirekteur van Vervoer, mnr Mike Spence. Ons het jare lank ten nouste saamgewerk toe ek die voorsitter van Algemene Provinsiale Dienste in die Provinsie was. Ek dink dit was vir vier of vyf jaar. Ek wens hom sterkte toe op sy pad vorentoe.

Ek wil terselfdertyd ander mense soos mnre Carel du Preez, Jakkie van Heerden en Roy Petersen bedank vir die werk wat hulle vanjaar gedoen het, asook die vorige jaar. Dit is altyd 'n plesier om met mense soos hulle saam te werk.

Ek wil dadelik verwys na die begrotingstoekenning wat ons vanjaar ontvang het. Elke jaar kry ons 'n paar miljoen rand te min. Die agb Minister het vroer verwys na die begroting wat sowat R428 miljoen beloop. As ons kyk na 'n aspek soos paaie waar ons 'n agterstand van R700 miljoen het, sien ons die tekort vir hierdie jaar is R369 miljoen. Soos die agb Minister ges het, is dit net die goeie weer in die Wes-Kaap wat verhoed dat die paaie heeltemal tot niet gaan.

Daar is die afgelope jaar wetgewing deur die Parlement gevoer, onder meer die wetgewing oor tolpaaie wat ons in November verlede jaar goedgekeur het. Ons het reeds baie planne daarvoor. Ons wag net vir die regulasies om deurgevoer te word sodat ons die tolpaaie kan oprig.

Dit laat my dink aan die nasionale wetgewing wat so twee jaar gelede goedgekeur is toe die voormalige nasionale Minister van Vervoer nog elke tweede maand 'n stuk wetgewing wou deurvoer. [Tussenwerpsels.] Ons sit nou met die gevolge van daardie swak administrasie. 'n Mens kan nie wette maak vir 'n land en jy het nie die geld of infrastruktuur om dit toe te pas nie.

Ek verwys hier na die tradisionele voorbeeld, naamlik die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe wat daardie Minister deurgesit het. Hulle het na ons in die Wes-Kaap gekom en ges ons het 10 dae om vir hulle by die Sentrale Parlement 'n mandaat te gee. Ons het dit reggekry. Ons het binne vyf dae vir hulle 'n mandaat gegee, maar ons mandaat het versoek dat die wetgewing teruggehou moet word. Die implikasies van daardie wetgewing is s groot en die Wes-Kaap het uit die staanspoor hewig protes aangeteken oor die totale miskenning van Jan Publiek, kleiner plaaslike owerhede, NROs, die taxiverenigings, en so meer. Die konsultasiepad is nie gevolg nie.

Mnr S E BYNEVELDT: Watter wetgewing?

Mnr A ISMAIL: Die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe. As daardie agb lid dit gaan naslaan, sal hy sien dit is die grootste stuk wetgewing nog wat vervoer betref, nie net in hierdie provinsie nie maar in die hele land. [Tussenwerpsels.] In kort is die implikasie daarvan dat indien hy 'n verkeersoortreding begaan, kry hy eers 'n hoflikheidsbrief. Daarna kry hy 'n bevel. As hy nie daarna luister nie, stuur hulle vir hom 'n dagvaarding. Ek sien dit nie nou hier nie, maar ek kan dit vir hom uit die kop s. As hy nie die dagvaarding ignoreer nie, sal hy sien dit kom uit Pretoria. Wat gebeur as hy nie aan Pretoria verto kan rig nie? Wat van Jan Publiek wat nie kan lees of skryf nie? Hy kan nie na die magistraatsgebou of verkeershoof gaan om verto te rig nie. Hy moet Pretoria toe bel en hoop hy kry antwoord daar, want daar is nog nie 'n plek opgerig waarnatoe hy kan bel nie. Dit beteken die plaaslike owerheid, wat ook nie geraadpleeg is oor daardie stuk wetgewing nie, moet na hom gaan en sy voertuig immobiliseer of die skyfie verwyder. Hoe hulle in sy motor gaan kom as hy nie die sleutels gee nie, weet ek nie.

Net in Kaapstad is daar meer as 'n miljoen agterstallige of uitstaande boetes. Ek wil van die nasionale Regering weet of hulle vir ons bykans 'n miljoen wielklampe gaan stuur om motors te begin immobiliseer. Wie gaan die wielklampe aansit? [Tussenwerpsels.] Dit is ook nie duidelik in die wetgewing uitgespel wat hulle met "immobilisering" bedoel nie. Die immobilisering van 'n motor kan beteken dat 'n mens sy enjin uithaal. Daarvoor kort ons 'n miljoen motorwerktuigkundiges. [Tussenwerpsels.] Gaan hulle die motor op sy dak draai en die wiele afhaal? Wat beteken "immobilisering"? Dit word nie uitgestippel nie.

Nou sit ons met die probleem dat die nasionale Regering hierdie wetgewing stuksgewys in die provinsie wil begin implementeer. Ons het hulle gevra waar die geld daarvoor is. Ons het nog nie 'n antwoord gekry oor waar ons die geld moet kry om die wet namens die nasionale Regering te administreer nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr N M ISAACS: Wat van die regulasies?

Mnr A ISMAIL: Ek weet nie waar die regulasies is nie. Ons het nog nie terugvoer daaroor gekry nie.

Ons moet nie daardie soort wetgewing hier toelaat nie. Ek is seker solank die agb Minister die Minister is, sal ons dissipline toepas en sorg dat dit nie in hierdie provinsie gebeur nie. [Tussenwerpsels.]

Ons in hierdie Provinsie is ernstig oor wetgewing. Ons het 'n brief geskryf aan die kantoor van Madiba. Die brief is geskryf op 9 September 1998. Ons het na artikel 79(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, verwys, wat soos volg lui:

Die President moet 'n Wetsontwerp wat ingevolge hierdie Hoofstuk aangeneem is f bekragtig en onderteken f, indien die President voorbehoude omtrent die grondwetlikheid van die Wetsontwerp het, dit na die Nasionale Vergadering vir heroorweging terugverwys.

*Ons brief het soos volg gelui:

With regard to the prospective legislation and our constitutional responsibility, we wish to refer to section 59(1) of the Constitution of the Republic of South Africa which reads as follows ...

[Tussenwerpsels.]

*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, kan ons toegelaat word om sonder onderbrekings van albei kante van die Huis hierna te luister?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Sal die Hoofsweep, die agb lid mnr King, en die agb lid mnr Strachan ophou om oor die vloer vir mekaar te skree? Hulle betoon nie respek teenoor die spreker nie. Die agb lid mnr Ismail mag voortgaan.

Mnr A ISMAIL: Me die Voorsitter, die brief is weg na Madiba se kantoor toe. Klaarblyklik het sy adviseurs aan hom ges die Wes-Kaap se versoek moet nie aangehoor word nie. Ons het 'n brief van sy Kantoor ontvang - een met so 'n pragtige "badge" op - op 25 September 1998 waarin hulle s, en ek haal aan:

By the time your letter was received at our offices on 10 September 1998, the President had already assented to the Bill on 9 September 1998.

*Ons brief is op 9 September 1998 versend.

Die spoed waarteen dit gebeur het, was ongelooflik, maar twee jaar later is die wet nog nie geldig nie. [Tussenwerpsels.] 'n Mens weet jy kan nog veilig ry met 'n klomp boetes. Daar gaan nou miskien 'n puntestelsel inkom waarmee hulle 'n mens kan vastrek as jy vir jou 'n nuwe lisensie gaan koop.

Ek wil die agb Minister bedank vir die nuwe nommerplate wat op die staatsvoertuie aangebring gaan word. Daar is egter nog 'n tekort aan dissipline. Ek sien nog in die oggende die vroue met krullers in die kop ry om die kinders by die skool te gaan aflaai met hierdie staatsvoertuie wat vir amptelike doeleindes uitgereik is. Ek dink ons moet net weer hierna kyk. Dit is nou baie makliker om di motors uit te ken. [Tussenwerpsels.]

Ek wil aan die agb lid mnr Byneveldt s as ons in hierdie Huis kom, kom ons nie terugrapporteer met statistiek en s wat reeds ges is nie. Ons kom lewer nie ook net kommentaar nie. Ons probeer gesonde politiek maak van hierdie dinge. Dit was onder meer 'n paar jaar gelede ons voorstel dat persoonlike nommerplate verkoop moet word. Dit genereer nou 'n klomp fondse vir hierdie Provinsie. Ek bedank die agb Minister dat hy na ons geluister het. Hy het 'n goeie "job" gedoen.

Terwyl ons nou praat van eie fondse genereer, die Departement van Vervoer is een van die min departemente wat fondse genereer vir die Provinsie. Ek het nou van die agb Minister verneem dat ons 'n verhoging van 25% gaan h in die lisensiegeld van motorvoertuie. Dit is darem aansienlik minder as die persentasieverhoging op petrol en ander dinge wat die nasionale Regering aangekondig het.

Wanneer dit kom by klein en nuwe besighede wat nou begin, veral vervoermaatskappye, waar die mense ten duurste moet betaal vir swaarvoertuie en ekstraswaarvoertuie en hulle kry dalk kontrakte soos daar by die casino in Goodwood om bakstene te vervoer vir 'n tydperk van drie maande of ses maande, moet hulle dieselfde geld vir 'n lisensie betaal - wat bereken word op die as-massalading - as die groot maatskappye soos Unitrans en ander wie se voertuie omtrent 500 000 km tot 1 miljoen km met 30 ton of 40 ton elke dag op ons paaie ry? Moet die klein kontrakteurs presies dieselfde geld betaal, wat volgens die as-massalading bepaal word? [Tyd verstreke.]

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, my toespraak wil ek vandag opdra aan diegene aan die Weskus vir wie Menseregtedag nuwe betekenis gekry het. Menseregtedag het nuwe betekenis gekry, terwyl hulle - die gewone mense en die arm mense langs die Weskus, by name die vissergemeenskap, die plaaswerkergemeenskap en die myners - die visie van 'n beter lewe, verlossing van swaarkry en armoede nastreef, daagliks nog die naakte werklikhede van haat en totale rassisme ervaar. Hierdie realiteite word nie net ervaar na aanleiding van persoonlikhede en in menseverhoudinge nie, maar kry veral gestalte in die aktiwiteite wat gepaard gaan met hierdie Begrotingspos.

Die strategiese doelstellings van die Departement van Vervoer en Werke lui soos volg, en ek haal aan:

	Empower the previously disadvantaged sector of the province, promote SMMEs, building capacity in disadvantaged communities ...

Hierdie fokuspunte verdien komplimente. Ek sal in my toespraak hierdie doelstellings egter meer rig op die realiteite wat die mense in my kiesafdeling en aan die Weskus ervaar.

'n Blik op die Begrotingspos toon dat daar swak kordinering is tussen die visie, die doelwitte van die departement en die Ministerie en die daarstelling van 'n gentegreerde ontwikkelingsraamwerk. Dit het baie duidelik na vore gekom in die Begrotingsrede van die agb Minister van Vervoer en Werke, dat die punt gemaak word met betrekking tot die ontwikkelingsraamwerk. Ek glo egter dat die kordinering daarvan afwesig is.

Me die Voorsitter, die ANC sal onverpoos veg om die sleutelkwessies van armoede, werkloosheid en die effektiewe bekamping van misdaad aan te spreek deur die Staat die middelpunt te maak. Dit is duidelik dat die koalisieregering en die departement die Staat se rol slegs as 'n neutrale rol beskou. As daar 'n balans was, kon die Staat 'n neutrale rol gespeel het, maar gegewe die historiese wanbalanse tussen wit en swart, tussen di wat het en di wat nie het nie, moet die Staat 'n aktiewe rol speel in die totale emansipasie of bevryding van die armes, om 'n eenvoudiger woord te gebruik. Dit sou veral ekonomiese emansipasie insluit. Voordat daar dus nie 'n paradigma-skuif in die denkwyse van die koalisieregering plaasvind nie, sal die visiestelling wat die agb Minister vandag aan ons voorhou, slegs 'n ideaal bly.

Kom ek gee 'n voorbeeld. Die agb lid mnr Ismail het so pas die agb Minister van Vervoer en Werke gekomplimenteer met die feit dat daar twee jaar gelede alreeds begin is om aanvoorwerk te doen vir die unieke nommerplate en dat die proses nou op dreef is en geld genereer. Die interessantste van alles is dat die kontrak steeds grotendeels in wit hande bly.

Dit is juis die punt wat ons maak wanneer ons praat van die uitkontraktering van werk vir kontrakwerkers, KMMOs en opkomende en self gevestigde swart siviele kontrakteurs van die Weskus. Dit is ook die agb Minister se kiesafdeling, en hy sal van 'n paar gevalle weet. Die situasie daar het baie min verander, indien enigsins.

Tenderdokumente, soos voorberei vir die departement, spesifiseer dat 'n sekere persentasie van die kontrakte toegestaan word aan "previously disadvantaged individuals (PDIs)" - 'n formule is daarvoor saamgestel - en "affirmative business enterprises". Twee vrae kom onmiddellik by my op.

Die eerste vraag is: waarom blyk dit uit die dokumentasie dat die werklikheid anders daar uitsien? Die ANC meen dat daar sonder moeite 'n minimum van selfs 30% vir die PDIs in die tenderdokumente ingebou kan word. Indien dit nie gebeur nie, sal die kontrakteurs slegs "disadvantaged" bly, en na die finalisering van die kontrakte meer skuld h as enigiets anders.

Ek wil 'n voorbeeld noem. Wat tans gebeur, is dat die groot kontrakteur die werk kry, 'n subkontrakteur aanstel wat by die bank 'n lening aangaan, en nadat die lone betaal is, kan die subkontrakteur nie kop bo water hou nie.

Die volgende vraag wat by my opkom, is: is die amptenary verplig om te verseker dat 'n sekere persentasie wel na die teikengroep gaan? Ervaring bewys vir ons dat opkomende kontrakteurs, by die afwesigheid van moniterings- en evalueringsmeganismes, selde die voordele hiervan sien. Die oorgrote meerderheid van die kapitaalprojekte gaan steeds na die tradisioneel kapitaalkragtige maatskappye.
Me die Voorsitter, te veel klem word gel op raadgewende ingenieurs wat tenderdokumente hanteer, wat oorafhanklikheid aan die departement se kant tot gevolg het. Jeffares & Green van V3, byvoorbeeld, en andere, het baie werk by die departement gekry, en baie werk in die provinsie en by munisipaliteite gekry; werk wat hulle vir die volgende paar jaar kan besig hou. Die probleem is egter dat alles begin by die daarstelling van die tenderdokumente. Ek wil 'n voorbeeld noem.

In my termyn as raadslid van Vredendal het ons spesifiek met V3 gepraat oor tenderdokumente vir elektriese werke wat swart bemagtiging sal insluit. Hulle het ges dit is 'n onmoontlike taak. Politieke wil het hulle egter gedwing om wel weer die tenderbesonderhede te adverteer. Die uiteinde daarvan was dat ons aan 'n swart elektriese kontrakteur 'n kontrak van iets soos R1 miljoen kon toeken. Was dit nie vir die politieke wil en die inmenging van politici nie, sou V3 volgehou het dat dit onmoontlik is om dit te doen - en die ligte brand.

Ons as wetgewers moet meer aandag hieraan gee. Die ANC stel voor dat die departement meer tyd aan voorkontraktuele ooreenkomste bestee. Meer druk moet op sodanige maatskappye geplaas word om opkomende entrepreneurs by te staan. Die departement moet meganismes in plek stel om sodanige vennootskappe te moniteer. Dit het te doen met monitering en evaluering.

Me die Voorsitter, die laaste punt wat ek wil maak, is die kwessie van die Weskus-pad. Ek sien op bl 5 van die agb Minister se Begrotingsrede praat hy oor gesamentlike ondernemings. Dit blyk vir my dat die druk van die Sandveld-aartappelboere meegebring het dat die agb Minister nie geluister het na wat die arm bruin- en swartmense langs van Weskus en by Lambertsbaai en Elandsbaai ges het nie.

Oor die afgelope twee jaar is voorstelle gemaak vir die ontwikkeling van die Weskus-pad. Dit blyk dat daardie voorstelle van die tafel gevee is. Dit blyk dat die departement en die Ministerie nie genoeg aandag daaraan gegee het om seker te maak dat ons wel, byvoorbeeld, die realisering van daardie pad kan sien nie.

Die privaatsektor vra nou vir die Provinsiale Regering of hul geld aanvaarbaar is. [Tyd verstreke.]

Me A ROSSOUW: Me die Voorsitter, dit is vir my 'n voorreg om vandag ter ondersteuning van die Vervoerbegroting te praat, maar om te s dat ek tevrede is met die toekenning aan die Pos, is allermins die waarheid.

Ernstige kommer heers oor die verval van die padnetwerk in Suid-Afrika, maar spesifiek van die plattelandse paaie.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Meer as die helfte van die paaie is as swak geklassifiseer en sal heeltemal herbou moet word. Dit is verblydend dat die nasionale Minister van Vervoer begin besef dat die verval van die paaie 'n direkte invloed op die ekonomiese ontwikkeling van die land gaan h.

Die nasionale Regering sal ook moet besef dat hulle direk bygedra het tot die situasie waarin ons ons vandag bevind. Suid-Afrika kon met trots ges het dat ons die beste padnetwerk in Afrika het, apartheid ten spyt. Te veel geld, wat vir die opbou van padinfrastruktuur gebruik moes word, is vir ander doeleindes aangewend.

In die gebied van die Weskus-distriksraad alleen is bykans 723 km geteerde hoofpaaie en ondergeskikte paaie, teenoor 'n kolossale 900 km gruispaaie in dieselfde kategorie. Die tendens vir hierdie gebied is presies dieselfde as wat nasionaal geld. Ek wil enkele statistiek aan die Huis voorhou.

In die Weskus-distriksraad gebied is 63% van hierdie gruispaaie as swak tot baie swak geklassifiseer, teenoor 37% in die Wes-Kaap. Dit wys wat die toestand van die paaie op die platteland is. Elkeen van ons wat 'n plattelandse kiesafdeling het, weet ons telefone lui onophoudelik in die ren- en oesseisoen.

Ek wil daarom vir die agb Minister van Vervoer en Werke vra dat hy en die nasionale Minister van Vervoer spesifiek die Weskus-gebied moet besoek om 'n ondersoek te doen na die toestand van die plattelandse paaie. Ek wil verder versoek dat hulle nie met 'n helikopter kom nie, maar met 'n motor waarvan die vering nie so goed is nie, ... [Tussenwerpsels.] ... sodat hulle kan voel hoe dit voel om op daardie paaie te ry. Dit benvloed almal se lewens. Dit benvloed elke persoon wat 'n motor het.

Me die Voorsitter, om hierdie statistiek te bevestig, wil ek graag twee voorbeelde in my bedieningsgebied noem. Die hoofinkomste van die gebied is uit die landbou afkomstig, onder meer uit sagtevrugte en blomme. Die Sandveld, waarna die agb lid mnr Fransman so pas verwys het, is die aartappelspens van Suid-Afrika.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Die melkbedryf beleef weer 'n opbloei. Die graan- en wynbedryf daar kom ook hier ter sprake. Die toeristebedryf in die Weskus is besig om te groei. As die padnetwerk egter nie gaan verbeter nie, sal al hierdie werkgeleenthede wat die landbou en toeristebedryf kan skep, tot 'n ronde nul uitfaseer word.

Die inwoners is hoogs gefrustreerd. Hulle moet 'n produk van ho kwaliteit by die eindpunt besorg om in die uiters kompeterende oorsese mark te kan oorleef, maar as die infrastruktuur nie in stand gehou word nie en nie op 'n aanvaarbare standaard kom nie, sal die insetkoste sodanig word dat hulle uit die mark geprys sal word. Dit sal meer werkloosheid in die hand werk.

Die Cardouwpad en Dasklippas te Porterville se landbou- en toeristebedrywe genereer jaarliks 'n inkomste van R36 miljoen. Ek en die agb Minister het op 'n Saterdagmiddag, toe die Stormers nog 'n bietjie beter gevaar het, die mense gaan besoek. Dit het vir my 45 minute geneem om 22 km pad te ry. Sommige van my kollegas sal kan bevestig dat ek nie een van die mense is wat die heel stadigste op 'n pad ry nie. Om dus 45 minute lank aan 22 km pad te ry, bewys die toestand van die pad. [Tussenwerpsels.]

Mnr R J KING: Jy moet vir jou 'n voertuig kry soos wat Garth kry. Hy het so 'n halfmiljoen rand spandeer op ... [Onhoorbaar.]

Me A ROSSOUW: Ry die agb lid mnr Strachan met 'n lekker 4x4-voertuig? [Tussenwerpsels.] Di nasionaliste kan dit nie bekostig nie.

Meneer, die hoof uitvoerende beampte het by daardie vergadering speels opgemerk dat hulle darem die pad geskraap het vir di ho gaste. Nodeloos om te s, die skraping het niks gehelp nie, al het hulle wel die pad geskraap.

Porterville se bergboerdery is uniek in di opsig dat hulle uitvoer-proteas produseer, wat net daar gekweek kan word. Hulle appels is van die vroegste appels op die mark. Maar seker een van die heel besonderste attraksies in daardie gebied, is dat valskermsweef - "paragliding", vir diegene wat nie weet nie - daar baie suksesvol is. Trouens, die pas is wreldbekend vir valskermsweef. As die Dasklippas-pad opgradeer kan word, sal hulle in die tou staan om 'n wreldkompetisie aan te bied.

Mnr die Voorsitter, elke jaar tydens die debat oor hierdie Begroting praat ek oor die Elandsbaai-Redelinghuys-pad. Ek sal aanhou daaroor praat totdat die pad in sy totaliteit herbegruis word en mettertyd geteer word. [Tussenwerpsels.] Ek glo nie ek sal dit gegun word om 21 jaar lank, soos die agb lid mnr King, daaroor te kan praat nie.

Die Elandsbaai-Redelinghuys-pad is in 'n uiters swak toestand. Ek het gister vergader met lede uit daardie gemeenskap. Die brandstofverteenwoordiger het 'n interessante punt gemaak. Hy het vir my genoem dat hy in net een jaar skade ter waarde van R150 000 aan sy voertuie op daardie pad gehad het. Trouens, hulle beskou dit as lewensgevaarlik om met petrol op daardie pad te ry, en dat hulle sal moet oorweeg of hulle nog brandstof op daardie pad wil vervoer. Kan agb lede hulle indink die gevolg wat dit vir die landbou, die visbedryf en die toeristebedryf sal inhou?

Die gemeenskap van Elandsbaai kry bitter swaar. Armoede is daar aan die orde van die dag. Woede en frustrasie word by elke kieser daar gevind. [Tussenwerpsels.] Dit is een van die doelstellings, wat deel uitmaak van die Departement van Vervoer se sleutelfunksies, juis om die padnetwerk, veral na die armer gemeenskappe, te verbeter.

'n AGB LID: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: As ons werklik ekonomiese groei wil bevorder en werk op die platteland wil skep om ontvolking teen te werk, sal paaie 'n groter prioriteit moet geniet.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Me A ROSSOUW: Het die tyd nie aangebreek dat ons die herbegruising van paaie en teerprojekte moet uitkontrakteer sodat di projekte in die toekoms meer op 'n besigheidsgrondslag kan geskied nie? Dit gebeur dat 'n vragmotor 60 km ver gestuur word om gruis te gaan haal. Wat kos dit nie die Staat om hul projekte op di manier af te handel nie!

Sedert 1996, op grond van die statistiek tot my beskikking, is die begroting vir die herbegruising van paaie jaar na jaar gesny, en die agterstande bou jaarliks op. Om oorspandering teen te werk, moet die Weskus-distriksraad besnoei met padtekens en die verf van lyne. Watter gevolge sal dit vir die Staat inhou as padongelukke direk aan besparings gekoppel kan word?

Mnr die Voorsitter, as daar nie nou fondse gevind kan word om bestaande paaie op ongeveer dieselfde standaard te hou nie, waar sal geld gevind word om nuwe paaie te bou? [Tyd verstreke.]
*Mnr A R WINDE: Mnr die Voorsitter, ek wil graag begin deur die agb Minister van Vervoer en Werke geluk te wens met sy Begrotingsrede wat hy vandag hier gelewer het. Ek wens ook die departement voorspoed toe met hul Begroting vir die nuwe jaar. Ek wil graag die standpunt beaam van my agb kollega wat mnr Spence voorspoed met sy aftrede toegewens het.

Dit lyk asof vervoer homself altyd laaste in die ry bevind as dit by die uitdeel van geld kom. Hierdie departement het egter die voordeel gehad dat hy fondse uit die casino-bod en 'n bykomende toewysing van R16 miljoen van die Departement van Inkomste ontvang het. Die departement is gelukkig dat hy hierdie eenmalige betalings ontvang het, wat iets doen om die druk van die agterstand van R700 miljoen waarna die agb Minister vandag verwys het, te verlig.

Die geld wat ontvang is, is toegewys aan 'n paar groot projekte wat ook vanjaar moet begin. Om die waarheid te s, daar is reeds met party begin. Die van ons wat onlangs met die N1 gereis het, sou gesien het dat een van hierdie projekte by die Century City-afrit aan die gang is, waar die departement 'n openbare/private vennootskap aangegaan het om die opritte en afritte van die snelweg op te gradeer.

Dit is ook vir my aangenaam om te sien dat 'n deel van hierdie geld toegewys is aan die noodwerk wat dringend noodsaaklik is om Chapmans Peak-rylaan bruikbaar te maak. Met die sluiting van hierdie roete het vervoeropeenhopings op toegangspaaie van die suidelike voorstede na Kaapstad 'n onaanvaarbare vlak bereik. Ek hoop dat Kapenaars wat tans onder veeleisende omstandighede op hierdie besige roetes pendel daarin sal slaag om kalm te bly, want ons kan nie enige verdere sterftes weens padwoede in hierdie provinsie bekostig nie. Hoe gouer Chapmans Peak-rylaan vir vervoer oopgestel word, hoe beter. Ek is seker dat die toeroperateurs van hierdie provinsie hierdie standpunte sal beaam.

Terwyl ek by die onderwerp van besige paaie is en met die wete dat hierdie Parlement verlede jaar die Wetsontwerp op Provinsiale Tolpaaie goedgekeur het, wil ek graag weet of die agb Minister en sy departement enigsins van voorneme is om hierdie wetgewing in die nabye toekoms te gebruik. Ek besef dat die regulasies nog goedgekeur moet word, maar ek verstaan dat hulle amper voltooi is. Ek is seker dat die gebruik van hierdie wetgewing om Chapmans Peak-rylaan op te gradeer en dalk 'n ringpad rondom Kaapstad in te stel, baie sal doen om vervoeropeenhopings te verlig. Ek sou ook graag wou weet of die agb Minister en die departement enige ongevraagde aanbiedings vir sodanige tolpaaie ontvang het en of enige sodanige versoeke deur middel van die Nasionale Padagentskap gerig is.

Soos ons almal weet, is die vermo van die Departement van Vervoer om sy eie inkomste te skep, sy reddingsboei. Die R332 miljoen wat uit voertuiglisensies en spesiale nommerplate gen is, is baie belangrik om te help om die agterstand in padonderhoud en -opgradering in die provinsie uit die weg te ruim.

Ek sien dat die departement hoop om meer as R3 miljoen uit spesiale nommerplate te in. Die gewildheid van hierdie nommerplate neem daagliks toe. As 'n mens in die loop van verlede jaar na jou werk gery het, het jy een of twee van die spesiale nommerplate elke week gesien, maar nou sien jy 'n paar van hulle elke dag. Selfs as 'n mens by die Parlement se parkeerterrein inry, sien jy LEWIS 1. [Tussenwerpsels.] Ek dink my kollega die agb lid mnr Silke is nie hier nie, want hy is besig om sy nuwe nommerplaat uit te soek, en ek dink dit gaan BEAN 1 wees.
Ek verstaan hoe die stelsel werk as 'n mens aansoek doen om een van hierdie verpersoonlikte nommerplate. Die aansoeker kan die vorm te enige munisipale lisensiringsowerheid kry en wanneer hierdie vorms voltooi is, word dit saam met die betaling aan die Provinsie gestuur vir verifikasie en die vervaardiging van die nommerplate, wat dan aan die aansoeker gestuur word.

Ek verstaan dat daar tans slegs een maatskappy is wat hierdie nommerplate kan vervaardig en gelisensieer is om dit te doen. Om net een maatskappy die geleentheid te bied om hierdie spesiale nommerplate te vervaardig, is veels te gesentraliseerd na my sin. Ek wonder of hierdie gebruik nie dalk verander kan word nie, want daar is baie klein ondernemings regoor die provinsie wat standaardnommerplate vervaardig en in staat sou wees om hierdie spesiale nommerplate te maak. Ek is seker dat die kleinsake-eienaars die ekstra sake sou waardeer. Ek is ook seker daarvan dat die gevolglike makliker toegang tot spesiale nommerplate die vraag sou verhoog.

Ek wil graag kommentaar lewer op die voorgestelde 12-puntstelsel waarvan verlede week in die koerante melding gemaak is. Ek glo dat daar sekere tydsberekeningsprobleme rakende die inwerkingstelling van hierdie nuwe stelsel is en dat dit miskien nie teen die einde van hierdie jaar in werking sal wees nie. Ek beaam egter die standpunte van mnr Danie Abrahams. Ek ondersteun ook hierdie stelsel heelhartig. Hoe gouer dit in werking gestel word, hoe beter. Ek is seker dat ons onmiddellik positiewe resultate sal sien, wat sal lei tot 'n afname in padongelukke. Die stelsel werk baie goed en het homself in baie ander lande bewys.

Terwyl ek met die onderwerp van padsterftes besig is, dit is slegs 'n paar maande gelede dat ons debat gevoer het oor die slagting op ons paaie, veral ten opsigte van busongelukke. Die nuwe snelheidsperk van 100 km per huur vir hierdie voertuie is sedertdien ingestel. Ek sien dat 'n skyfie op die agterkant van baie van hierdie voertuie aangebring is, wat hierdie snelheidsperk aantoon. Ek is nie seker of daar wetgewing ingestel is om die vertoon van hierdie skyfies af te dwing nie, maar indien dit nie die geval is nie, dink ek dat dit oorweeg moet word.

Aanvullend tot die plakker behoort daar 'n telefoonnommer op die agterkant van die voertuie te wees, sodat gewone burgers kan skakel en voertuie verkla wat nie by die snelheidsperk hou nie. Dit sou die bestuurders van hierdie voertuie verder dwing om by die wet te hou.

'n Opmerking is in die staande komitee gemaak oor die departement se doelwit om te streef na 'n doeltreffende en haalbare openbare vervoerstelsel. Ook hier gee ek my heelhartige ondersteuning. Hoe gouer dit gebeur, hoe beter.

Ten slotte wens ek die agb Minister weer geluk met hierdie Begroting en betuig ek my volle ondersteuning daarvoor.

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Voorsitter, dit is 'n eer om aan hierdie debat deel te neem. Die agb Minister van Vervoer en Werke het 'n baie moeilike portefeulje aanvaar en nie een van ons kan ontken dat hy uitstekende werk doen nie.

Daar is egter een klad op die Begrotingsverslag voor ons, en dit is dat die lisensiegeld met 25% verhoog sal word. 'n Mens moet besef dat die mense in die gemeenskappe waar ons vandaan kom, vanwe die geskiedenis van ons land, gedwing word om van openbare vervoer of hul eie motors gebruik te maak om by die werk uit te kom, want mense is ver van hul werkplekke verskuif. Ons mense moes reeds toenames in die brandstofprys hanteer, en nou sal daar 'n toename van 25% in lisensiegeld wees.

Me die Voorsitter, ek het die betrokke departemente in drie van ons vier provinsies rakende motorvoertuiglisensies geskakel. Dit was vir my vreemd dat Gauteng, ons grootste provinsie, hul motorlisensiegeld met 10% verhoog het; KwaZulu-Natal met 8% en die Noord-Kaap het glad nie hul lisensiegeld verhoog nie. Die probleem waarvoor ons te staan sal kom, is dat ons vragmotorbestuurders en maatskappye hul voertuie in ander provinsies sal lisensieer, want dit gaan in hierdie provinsie vir hulle te duur raak om hul voertuie te bedryf.

Ons moet kennis neem van wat aan die gang is met motoreienaars wat belas word met al hierdie verhogings, en ook met 'n tolpadheffing te doen gaan kry. Ons mense sal hierdie verhogings nie kan bekostig nie.

Dit is nie vir die agb Minister 'n groot eer om geld uit die casino-bod te ontvang nie, want dit is 'n belofte wat aan sy Ministerie gemaak is dat hulle daardie geld sou kry. Wat agb lede nie weet nie, is dat dit die paaie-departement is wie se Begroting die meeste verminder is. Ons paaie verkeer vandag in 'n swak toestand, en wie sal betaal vir die feit dat die Provinsiale Regering nie hul werk behoorlik gedoen het nie? Die gewone man in die straat sal nou 25% meer moet uithaal ten opsigte van lisensiegeld. Hulle kan hoegenaamd nie omdraai en s dat hul Regering daartoe verbind is om die armes te help nie. Hulle het weer eens gewys dat hierdie optrede nie is om die armes te help nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid is reg; party van ons paaie verkeer in 'n swak toestand, en dit is nie die departement se skuld nie. Dit is omdat geld nie vir hierdie afdeling begroot is nie. Party van ons paaie is in 'n vervalle toestand want hulle is vir die afgelope 20 jaar en langer nie van 'n nuwe oppervlakte voorsien nie - en party van hulle sal oorgemaak moet word.

Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister en die departement, asook die Nuwe NP en die Kabinet, graag vra om weer na die 25% verhoging te kyk - ter wille van hulp aan die armes en om nywerhede in die provinsie te hou. Ek glo dat dit verkeerd is en hulle weet dat dit verkeerd is! Ek wil s dat die prys daarvoor hul terugkeer na hierdie Huis sou wees as 'n mens dit as 'n verkiesingsinstrument sou begin gebruik.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Voorsitter, dankie vir die geleentheid om ook aan di debat deel te neem.

Meneer, ek wil die agb Minister van Vervoer en Werke bedank vir die uitstekende Begrotingsrede wat hy vanmiddag gelewer het. Hy en sy departement vorm 'n gedugte span wat nog baie myle sal afl in di Huis en aan hierdie kant vir die Nuwe NP en vir die Regering van die Wes-Kaap.

Ons in die Karoo en die Klein-Karoo is trots op die agb Minister, omdat hy altyd omgee en altyd beskikbaar is wanneer ons hom skakel. Ons bedank hom omdat hy, met die onlangse vloed in die Klein-Karoo, onmiddellik daarop gereageer het.

Mnr die Voorsitter, in teenstelling met die ander provinsies, het Wes-Kaap sy lisensiegeld met 25% verhoog. Maar die lisensiegelde is tog nie verhoog op grond van redes wat uit die duim gesuig is nie. Ons kundige amptenare het dit wel wetenskaplik nagevors.

'n Goeie vriend van my het pas vir my vertel dat die Noord-Kaap, wat nie hul lisensiegelde verhoog het nie, dit heel waarskynlik gedoen het omdat hulle vergeet het om dit te verhoog.

Kom ons wag totdat die Ouditeur-generaal die 10%-verhoging in lisensiegelde van Mpumalanga ondersoek het; daarna sal dit waarskynlik met 30% verhoog word. Ek dink nie ons moet te gou opgewonde raak oor die ander provinsies wat nie hul lisensiegelde so ver verhoog het nie.

Mnr P C MCKENZIE: Wees versigtig met wat jy s, jy is ... [Onhoorbaar.]

Mnr J P GELDERBLOM: Ek wil die agb lid mnr McKenzie daaraan herinner dat die Provinsie Wes-Kaap die rekord het dat hy die provinsie goed bestuur, en die agb lid het deel gehad aan daardie rekord. Ek wil verder vir hom s dat ons aan hierdie kant van die Huis in die jare wat voorl sal sorg dat die Wes-Kaap nie die arrogansie van die ANC sal verduur nie en nie die korrupsie van die ANC gaan ervaar soos wat die inwoners van ander provinsies gaan ervaar nie. [Tussenwerpsels.]

Mnr P C MCKENZIE: [Onhoorbaar.]

Mnr J P GELDERBLOM: Al wat hulle gedoen het wat goed was, was die "Winnie Mandela Anti-Smoking Campaign", en dit was toe hulle ges het, "Get rid of your Stompie!" Dit is die beste wat die ANC gedoen het.

Mnr die Voorsitter, beter paaie, goeie onderhoud en beter opleiding op alle vlakke van die konstruksiebedryf is vir my die uitstaande kenmerke van die Vervoerbegroting. Ons in die Wes-Kaap is bevoorreg dat ons goed opgeleide konstruksiespanne het wat toesien dat die gehalte van die padnetwerk in die meeste gevalle op standaard is.

Die wyse waarop die klem vir opleidingskursusse na die doelgerigte instandhouding van paaie verskuif het, is verblydend. Ons bedank die agb Minister opreg daarvoor. Die geld word reg gespandeer.

Daar word beweer dat die bou van nuwe paaie in baie ander provinsies tot die agteruitgang van die instandhouding van padnetwerke gelei het. Dit is omdat die fondse nie korrek aangewend is nie dat die instandhouding van paaie agteruitgegaan het. Dit is betreurenswaardig.

Mnr die Voorsitter, ek wil vandag stilstaan by die reuse werk wat die Paaiedepartement van die Klein-Karoo-distriksraad onder leiding van die jong en uiters bekwame mnr Japie Strydom doen. Mnr Strydom en sy konstruksiespanne het oor die afgelope twee jaar reuse werk verrig.

Mnr P C MCKENZIE: Dit is plaaslike bestuur.

Mnr J P GELDERBLOM: Die Klein-Karoo het drie groot vloede oor die afgelope drie jaar ervaar. Ja, dit is plaaslike bestuur, maar dit is provinsiale paaie.
Mnr P C MCKENZIE: Nee.

Mnr J P GELDERBLOM: Daar loop provinsiale paaie deur plaaslike gebiede, en die agb lid mnr McKenzie behoort dit te weet. [Tussenwerpsels.] Hy weet baie goed daarvan.

Die Klein-Karoo het drie groot vloede oor die afgelope drie jaar beleef, en dit is juis die Departement van Vervoer wat soveel goeie werk daar verrig het. Ek wil die amptenare van die Provinsie wat uit hul pad gegaan het, vandag bedank. Ons salueer hulle, die werknemers, operateurs, bestuurspanne en toesighouers. Ek dink almal in die Huis het groot waardering vir wat hulle oor die afgelope tyd in die Klein-Karoo gedoen het. Die agb lid mnr McKenzie sal met my saamstem - hy het ook vir hulle dank en waardering, want hulle het goeie werk gedoen.

Meneer, die werkspanne het 24 uur per dag gewerk om die paaie toeganklik te maak vir ons wat daarop wil ry. Die Nuwe NP salueer vandag daardie werkers. Ons salueer die bestuurspanne wat wonderlike werk verrig het om dit vir ons moontlik te maak om die ekonomie aan die gang te hou.

Mnr P C MCKENZIE: Hoekom gee julle nie vir hulle meer geld nie? Gee hulle meer geld.

Mnr J P GELDERBLOM: Die agb lid mnr McKenzie weet tog ons kan nie na willekeur die amptenare in 'n provinsiale departement se salarisse verhoog nie. Die provinsiale departemente se amptenare se salarisse word op 'n nasionale basis bepaal en nie by provinsiale regerings en distriksrade gefinaliseer nie.

*Me T ESSOP: Maar wie doen die konstruksiewerk? Arbeiders doen die werk. [Tussenwerpsels.]

Mnr J P GELDERBLOM: Die agb lid me Essop sal onthou dat ek die arbeiders bedank het. Ons het ho waardering vir wat hulle gedoen het. Die Nuwe NP sal sy verantwoordelikheid nakom om daardie mense te bedank. Danksy hul ywer en toegewydheid oor die afgelope twee weke, kan feesgangers met gemoedsrus die Klein-Karoo Kunstefees ... [Tussenwerpsels.] ... en omliggende dorpies besoek.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr M Louis): Orde! Agb lede moet kalmeer.

Mnr J P GELDERBLOM: Meneer, ek wil graag vandag aan die agb Minister van Vervoer en Werke en die amptenare van sy departement 'n versoek rig om spoedeisend aandag te skenk aan die bewilliging van fondse vir die finale afronding van die opgradering van die pad tussen George en die Uniondale-Oudtshoorn-afrit. Die pad dra 'n ontsettende swaar verkeer, en swaarvoertuie maak in 'n toenemende mate gebruik van di pad. Met die transformasie van plaaslike owerhede en die samevoeging van die Klein-Karoo- en die Suid-Kaap-distriksrade, sal die verkeer nog meer drasties toeneem. Ek versoek hulle dus vriendelik om veral hieraan aandag te gee in die volgende begrotingsjaar.

Baie jare lank is daar ongetekende ooreenkomste tussen die Provinsie en die distriksrade op die tafel. Hierdie aangeleenthede moet nou dringend afgehandel word. Dit is reeds vier, vyf jaar lank op die tafel, en ek glo dat die distriksrade en die Provinsie nou hierdie ooreenkomste moet teken. Ek glo dit is in belang van beide die Provinsie en die distriksrade dat hierdie proses gefinaliseer en afgehandel moet word.

Meneer, 'n ander punt wat ek graag wil uitlig, is die befondsing van paaie. Ek glo dat wanneer 'n bedrag toegewys word aan paaie, onder andere heffings wat gen word uit paaie, byvoorbeeld lisensies, sodanige gelde slegs aangewend moet word vir die opgradering of herstel van bestaande paaie, of vir nuwe paaie. Kortom, fondse wat vir paaie geoormerk is, moet slegs vir paaie gebruik word en nie na ander departemente gaan nie.

Ek doen 'n ernstige beroep op die agb Minister van Vervoer en Werke dat daar opnuut gekyk sal word na persone wat sigaretstompies by hul vensters uitgooi wanneer hulle voertuie bestuur. As daar nie wetgewing bestaan wat dit rel nie, sal ons dit op een of ander wyse moet rel. Oor die afgelope paar dae het ek dit ervaar dat mense links en regs sigaretstompies by vensters uitgooi. Ek is oortuig dat van di sigaretstompies ook aanleiding tot die voorkoms van brande gee.

Meneer, ek wil weer eens die agb Minister van Vervoer en Werke bedank. Die ANC se beleid oor sigaretstompies is, "Get rid of your Stompie". [Gelag.]

Ek wens die agb Minister van Vervoer en Werke baie sterkte toe. Ons in die Karoo en die Klein-Karoo is trots op hom.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr J P GELDERBLOM: Ons sal hom dra, want hy dra die boodskap van versoening, hoop en vertroue uit, daar waar dit baie nodig is.

*Me T ESSOP: Mnr die Voorsitter, ek moet s dat dit nie 'n eer is om vandag op die agb lid mnr Gelderblom te volg nie, en dit is jammer. Daar was vandag 'n paar ernstige laagtepunte in sy toespraak, en ek kan dus nie regtig s dat ek opstaan om hom geluk te wens nie.

Ek wil egter graag die agb Minister van Vervoer en Werke gelukwens. Boonop, soos die agb Minister weet, beklemtoon ek tydens my toesprake probleme waaraan ek hoop hy aandag sal gee, en dit word normaalweg op 'n opbouende wyse opgehaal.

Ten eerste wil ek graag my teleurstelling teenoor die agb Minister betuig. Ek het geluister na hoe hy sy toespraak gemaak het, en ek het dit ook gelees - die gedeelte oor Werke, my gunsteling onderwerp, is natuurlik in Afrikaans! Toe ek sy toespraak gelees het, was ek teleurgesteld omdat ek steeds nie die formulering van enige standpunte oor hoe hy die Begroting vir Werke sou gebruik om KMMOs te bevorder, kon kry nie.

Hy het ontelbare kere, as vrae aan hom gestel is, ges dat hy dit sou doen, maar die besonderhede is weer eens nie hier nie. Dit sou lekker gewees het om dit te h. Ek het die probleem opgehaal dat daar niks in die Begroting van Inkomste en Uitgawes was wat verwys het na hoe sleuteluitsette in Werke gestalte sou gee aan die oogmerk om klein- en mediumondernemings te bemagtig nie. [Tussenwerpsels.] Hy het weer eens nie hierdie inligting verstrek nie. Ek sou graag wou hoor dat hy daaroor praat. Ek verwys nie na die Vervoerprogram nie, want hy het dit duidelik uitgespel. Ons wil daarvan hoor ten opsigte van die Werke-program, want hier, glo ek, is waar die meeste kontrakte aan klein- en mediumondernemings toegeken kan word en die meeste bemagtiging kan geskied. Hy het dus weer eens niks ges met verwysing na daardie spesifieke program nie. Ek weet van die agb Minister se verbintenis hiertoe - ek trek dit nie in twyfel nie - maar ek sou graag meer daaromtrent wou hoor.

Ek wil nou kom by wat ek vandag in die Huis wil onderstreep. Ek het voorheen een maal die probleem opgehaal dat amptenare in die Departement van Werke 'n verandering in ingesteldheid moet ervaar. Dit het gebeur in die geval van me Zulfa Allie, die vroue-kontrakteur wat swak behandeling van die agb Minister se departementele amptenare ontvang het. Nou is daar 'n ander geval wat ek graag onder sy aandag wil bring.

Dit is 'n geval wat in die kiesafdeling van die agb lid mnr Ozinsky, Bridgetown, opgeduik het. [Tussenwerpsels.] Wel, daar is 'n paar van hulle, maar ek verwys na hierdie spesifieke geval. [Tussenwerpsels.] Dit gaan oor die Horskool Bridgetown. Die skool het 'n ernstige probleem met die toilette ondervind, wat in 'n baie ernstige toestand van verval verkeer het.

Hulle was desperaat, want hulle het die agb Minister se departement herhaaldelik gekontak, maar geen onderhoud is gedoen nie. Die skool het toe die inisiatief geneem. [Tussenwerpsels.] Luister! Die skool het die inisiatief geneem deur die onderwysers en studente te vra om die verantwoordelikheid te aanvaar om dit te herstel. Hulle het skenkings bekom en die onderwysers het gehelp deur die toilette na ure te herstel.

Nadat die agb lid mnr Ozinsky die probleem in die staande komitee opgehaal het, het die Departement van Werke na die skool gegaan - twee weke later. Dit is werklik goed! By hul aankoms het hulle die skoolhoof baie gou meegedeel dat wat hulle gedoen het, die inisiatief om spoelbakke in die toilette aan te bring, onwettig was. Hulle het toe aan die skoolhoof opdrag gegee om die spoelbakke te laat verwyder. Dit is wat die skool toe gedoen het. Hulle het die spoelbakke verwyder. Ter inligting van die agb Minister, dit is twee weke sedert die datum van daardie verwydering en, glo dit as u wil, daar is nog steeds nie spoelbakke nie. Die Departement van Openbare Werke het nie teruggegaan om die onderhoud by daardie skool te doen nie! Ek wil h dat die agb Minister daardie probleem moet ondersoek.

Ek glo dat dit 'n baie belangrike inisiatief deur die gemeenskap was. Dit is belangrik dat skole self verantwoordelikheid aanvaar en inisiatief gebruik. Daarom wil ek ook h dat hy moet uitvind watter amptenare na daardie skool gegaan het en die gemeenskap aanges het om die spoelbakke te verwyder. Dit is onaanvaarbaar. Die skool het skenkings daarvoor bekom. [Tussenwerpsels.] Hulle moet ondersteun word, maar nou moet ons geld aan die onderhoud by daardie skool bestee deur nuwe spoelbakke in te sit! Ons moet baie meer buigsaam wees in ons benadering tot sake soos hierdie een. Daar behoort 'n verskuiwing in ingesteldheid te wees. Daardie amptenare is glad nie sensitief nie, veral nie teenoor skole in die bruin werkersgemeenskap nie. Ek glo nie dat dit sou gebeur het in 'n blanke skool nie. Ek wil my egter nie op die terrein van ras begewe nie.

*Mnr A ISMAIL: Vervoer, met vervoerbare toilette!

*Mnr M OZINSKY: Dit is nie 'n grap nie!
*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, as die agb lid mnr Ismail dink dat alles 'n grap is, moet hy nooit weer in die Huis opstaan en namens die arm mense praat nie. Hy moet na my luister. [Tussenwerpsels.]

Daar is nog 'n saak. Die verbintenis van die agb Minister en sy departement is om klein- en mediumondernemings te bemagtig. Ek het twee tenderdokumente voor my. Hulle hou verband met die huur van voertuie met bestuurders vir die vervoer van personeel na en van die lughawe, 'n pendeldiens. In die oorspronklike tenderadvertensie was daar 'n geleentheid vir ...

*Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Wat is die naam van die maatskappy?

*Me T ESSOP: Ek verwys nie na 'n maatskappy nie, maar na die advertensies. Die sluitingsdatum is verby. Ek weet nie wie die tender bekom het nie. Dit sou vir my baie interessant wees om te weet wie dit inderdaad bekom het.

Die tender, die oorspronklike een wat teruggetrek is, sou aan klein- en mediumondernemings 'n geleentheid gebied het. Ek glo dat die voertuigeienaars vanwe die wyse waarop dit gestruktureer was 'n geleentheid sou kon h om 'n roete te kies en te besluit of hulle 10 voertuie of vyf sou nodig h, en of dit mikrobussies of wat ook al sou wees. Die agb Minister kan my teregwys as ek verkeerd is omtrent die volgende, want ek sou graag die regte inligting wou h. Nadat daardie een teruggetrek is, is die volgende tender geadverteer. Hierdie tender was in kategorie opgedeel en daar was minimum vereistes ten opsigte van die getal voertuie wat besit moes word. Byvoorbeeld, in een kategorie moes daar 'n minimum eienaarskap van 10 sedan voertuie en 10 BBP-voertuie wees. In 'n ander een was dit 5 mikrobussies met 15 sitplekke. In nog 'n geval moes 'n mens 5 semi-luukse 35-sitplekbusse en in 'n ander een 3 semi-luukse 60-sitplekbusse h.

Wie gaan voordeel trek uit hierdie tender? [Tussenwerpsels.] Wie sal dit kan doen? 'n Mens het bankwaarborge nodig, wat ons mense nooit kan bekom nie, want hulle word deur die banke as risiko's beskou. Hulle kan nie sekuriteit en waarborge van die banke verkry nie.

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: Ek stel nie belang in die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie. Hy sal nooit weet wat swartmense deurmaak nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek is nie seker of die agb Minister inderdaad aandag gee nie.

Mnr P C MCKENZIE: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: Me die Voorsitter, die agb lid mnr McKenzie moet tot orde kom. [Gelag.]

Ek wil graag by die agb Minister weet hoe die mense deur hierdie twee tenders bemagtig sal word. Waarom is die oorspronklike tender teruggetrek? Ek glo dat daardie een meer bemagtigend sou kon wees, hoewel die agb Minister aan my kan s dat die teendeel waar is. Hierdie tender het dit vervang. Ek wil graag weet wie hierdie tender gekry het. Hoeveel van daardie mense wat vir hierdie kategorie in aanmerking kon kom, was inderdaad swartmense of vroue? Ek gebruik die term "swart" in die inklusiewe sin - bruin, Indir en Afrikaan. Ek wil ook weet hoeveel vroue was. [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN VERVOER EN WERKE: Me die Voorsitter, ek wil graag al die agb lede bedank wat aan die debat deelgeneem het. Ek wil ook diegene wat nie deelgeneem het nie en gehelp het om die emosie aan te blaas, bedank omdat ons nie 'n eentonige debat gehad het nie, maar wel 'n debat waarvan ons nog baie jare lank sal kan lees.

Ek wil die agb lid mnr Louis, die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, bedank vir sy bydrae en vir die gelukwense wat hy uitgespreek het. Hy het 'n paar probleme aangespreek ten opsigte van die Strategiese Ontwikkelingsplan. Ons is daarmee besig, en ek het vroer en ook vanoggend tydens die staande komiteevergadering daarna verwys. Daar is werklik harde werk met die opstel van die Strategiese Ontwikkelingsplan ingesit. Ons hoop om dit so gou moontlik af te handel.

Hy het na die Witskrif en die gentegreerde vervoerbeleid verwys. Dit is presies wat ons doen. As mense die verkeerde woorde gebruik, is dit nie ons skuld nie. Ons volg die Witskrif nougeset na. As dit so is dat ons van tyd tot tyd ander klem plaas op verskillende woorde, is dit mense se skuld en nie di van die amptenare van die departement nie.

Hy het ook verwys na die Metropolitan Transport Authority, die MTA. Ek is self teleurgesteld, soos ek vanoggend ook ges het, dat ons nie in hierdie opsig vinniger beweeg het nie. Hy het ook gehoor waar die probleem gel het, naamlik by die Kaapse Metropolitaanse Raad, wat oorhoofs hierna kyk. In Desember 1999 kon ons vir die eerste maal 'n vergadering hou om toe te sien dat ons die ding dryf. Ek het ook vanoggend in die staande komiteevergadering beloof dat ek, met mnr Petersen se ondersteuning, hierdie ding gaan dryf om te probeer om aan die einde van hierdie jaar iets op die grond te kry. Dit is vir my onaanvaarbaar dat ons nou praat van wat in die eerste helfte van volgende jaar moet plaasvind. Dit mag nog in die tweede of derde helfte van 2001 gebeur as ons nie nou met erns daaraan aandag skenk nie.

Ons het R0,5 miljoen daarvoor gekry, en ons gaan dit vir die doel aanwend. Agb lede is bewus dat dit een van die vier loodsprojekte is wat die nasionale Departement van Vervoer aangekondig het.

Die agb lid mnr Louis het verder gepraat oor verkeer en openbare vervoer in die middestad. As ons 'n ander maatskappy gekry het om die casino te bou, kon ons 'n hele aantal dinge in die middestad regkry. Ongelukkig was daardie wit maatskappy nie gelukkig nie en het hulle dit nie gekry nie. Ons kon nie anders nie. Op hierdie stadium doen ons wat ons kan om te sorg. Ek het die versoek ontvang van die maatskappy wat die agb lid verteenwoordig.

Ons kyk dus na al hierdie aspekte. Een van my belangrikste doelwitte is om te sorg dat ons 'n openbare vervoerstelsel in die middestad kry, sodat dit nie langer nodig sal wees om motors in die middestad in te bring nie. Ons het geen parkeerruimtes nie. Ons gaan nou die Convention Centre bou waar daar tans 200, 300 motors geparkeer word, en dan is daardie parkeerspasie ook daarmee heen.

Die agb lid mnr Louis het ook na die instandhouding van paaie en wetgewing verwys. Ons gaan vanjaar 'n hele paar stukke wetgewing op die tafel plaas, wat ons ook vir agb lede gegee het, en waarna ek in my Begrotingsrede verwys het. Die fondse vir instandhouding is werklik skraal.

Me die Voorsitter, terwyl ek nou oor fondse praat, wil ek ook verwys na die verhoging van lisensiegelde. 'n Kabinetsbesluit is geneem dat elke departement wat inkomste genereer, daardie inkomste kan gebruik. Op hierdie stadium gaan ons 100% kry van alles wat ons by Vervoer genereer. Dit is dus belangrik dat al die mense hier wat so ryk is en so lekker met hul mooi motors rondry, die persoonlike nommerplate moet koop, sodat ons geld kan in om die paaie te verbeter. [Tussenwerpsels.]

Die Chapmans Peak-pad is 77 jaar oud, soos ek by 'n vorige geleentheid ook ges het. Dit is 'n pad met baie strukturele gebreke. Die Departement van Vervoer het R2 miljoen bewillig vir versperrings, los rotse verwyder en die plek skoonmaak. Ons sal daarna toesien dat daardie pad behoorlik opgradeer word.

Hy het ook verwys na die advertensieborde langs die paaie wat 'n groot inkomstewekker is. Mnr Du Preez het vanoggend genoem dat ons op daardie manier moet probeer inkomste genereer, sodat ons die geld kan gebruik om infrastruktuur en paaie in stand te hou.

Ons het al ernstige verto ontvang dat ons ook ons bre vir advertensiedoeleindes moet gebruik. Ons moet egter toesien dat ons binne die parameters van die nasionale beleid ten opsigte van advertensies beweeg. Ons wil darem ook nie elke dag kersbome op die paaie sien nie. Ons hou nie daarvan om advertensies op elke paal en elke brug te sien nie. Dit kan in sommige gevalle ook nadelig vir die omgewing wees.

Die agb lid mnr Louis het verder na die tolpadwetgewing verwys. Ons is baie jammer dat ons nie vinniger daarmee kon vorder nie. Soos agb lede weet, is die beleidsdokument geplaas en ons verwag dat al die verto teen die einde van April 2000 in sal wees; daarna sal ons kan voortgaan om die regulasies vir tolpaaie op te stel.

Ons gaan beslis tolpaaie in die Wes-Kaap kry; dit maak nie saak waar nie. Ek kan nie vandag vir agb lede s daar sal 'n tolpad in Chapmans Peak, op die N1 of die N2 kom nie, maar in hierdie provinsies gaan ons tolpaaie kry; anders was dit nie nodig om 'n wet op te stel nie, want ons sou daarsonder kon klaarkom.

Hy het ook na transformasie in Werke verwys. Daar is nou 'n argument oor of die departement as "Publieke Werke" of "Werke" bekend moet staan. Dit is 'n sinnelose argument. Of die departement nou bekend is as "Werke" of as "Publieke Werke", as ons die werk doen, dan doen ons die werk onder watter naam ook al.

Verder het die agb lid mnr Louis na die geboue verwys. Ons het 10 500 geboue, wat 'n oppervlakte van ongeveer 7 miljoen vierkante meter beslaan, wat die Departement van Werke administreer. Ons wil toesien dat daardie 7 miljoen vierkante meter optimaal gebruik word.
Wat betref die akkommodasie waarna hy verwys het, ons sal nie so voortgaan nie. Hy is 'n bietjie ongelukkig met my kantoor. Ek het nie baie probleme nie. Die kantoor is vir my goed genoeg. Miskien is ons smaak nie dieselfde nie - hy hou van 'n groot kantoor en ek is gelukkig met die kantoor wat hulle vir my gegee het. Daar sal wel enkele verbeterings aangebring word. Mnr Van Heerden is nog besig om 'n paar skilderye vir die kantoor gereed te kry.

Kantore word normaalweg met die betrokke Minister uitgeklaar. Ons kyk ook na die finansies van die Administrasie. Ek kon die hele vloer vir myself gevat het en vir die agb Minister van Landbou uitgegooi het, en hy kon die onderste vloer kry, maar wat sou dit beteken het? [Tussenwerpsels.] Dan het ons mre weer gehoor dat Ministers in weelde leef. [Tussenwerpsels.] Ons wil ook nie dit h nie. Ons het daarom besluit dat ons die vloer sal deel; ter wille van die Provinsie en die Administrasie se geld is ons gelukkig om die vloer te deel. [Tussenwerpsels.] Baie dankie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet die agb Minister van Vervoer en Werke toelaat om sy repliek te voltooi. Ek hoef hom nie te beskerm nie, maar agb lede maak te veel geraas. Dit is die mense wat met mekaar praat wanneer die agb Minister repliek lewer wat 'n klomp geraas maak, en nie die hekelaars nie. Ek versoek agb lede dus om, wanneer hulle met hul bankmaats praat, in gedagte te hou dat hulle die persoon steur wat aan die woord is. Die agb Minister mag voortgaan met sy repliek.

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ons ondervind 'n geweldige probleem met parkering. Ons kan nie almal wat op parkering geregtig is, van parkering voorsien nie. Ons eerste prioriteit is dus om toe te sien dat die senior personeel parkeerplek kry. Die Parlement se personeel is almal geakkommodeer. Ek dink nie hier is een agb lid wat nie 'n parkeerplek in een van die garages het nie.

Wanneer ons met die toekenning van akkommodasie, parkering en ander vorme van herstrukturering besig is, sal elke afdeling geraadpleeg word, hetsy vir parkering of akkommodasie. Ek verseker agb lede ons sal nie besluite neem sonder dat hulle geraadpleeg is nie. Dit gaan gebeur dat agb lede volgende jaar in hierdie begrotingsdebat weer gaan opstaan en daarop wys dat hulle ons in di debat versoek het om nie met herstrukturering voort te gaan sonder dat hulle geraadpleeg word nie. Ons praat nou daaroor en ons onderneem dat daar genoeg skakeling met en raadpleging van die mense sal wees.

Hy het ook verwys na die bedrag van R44,1 miljoen, wat 'n dubbele inskrywing is. My inligting is dat Gesondheid di bedrag aan Werke toevertrou het vir opgraderingsdoeleindes. Dit is dus nie duplisering nie. Dit is geld wat Gesondheid aan ons toevertrou het om sekere instandhoudingswerk vir hulle te doen.

Die agb lid mnr Louis het sy blydskap uitgespreek omdat Dorpstraat nou so te s klaar is, en gepraat oor die bietjie werk wat daar nog gedoen moet word. Ek nooi hom uit om eendag saam met ons op die 9de vloer 'n koppie koffie te kom drink. Di uitnodiging geld ook al die ander agb lede. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr King het na die Worcester-Robertson-pad verwys. In die vorige boekjaar is R79 miljoen by die departemente van Vervoer en van Werke weggeneem. Ek moet s, ons moes die geld mooi deel. Mnr J van Heerden het nie sy volle toegekende bedrag ontvang nie. Ek wil dit duidelik stel dat daar geld vir di doel by sy departement weggeneem is. Ons kon soos twee goeie bure besluit daar bestaan 'n behoefte op 'n ander plek, ons sal daarna kyk en die werk voortsit, want ons moet ons werk doen.

Die R79 miljoen wat ons van die casinofonds gekry het, het ons so verdeel dat ons van die infrastruktuur kon regmaak, wat ons tot dusver nie kon doen nie as gevolg van geld wat in die vorige begroting van ons weggeneem is. Die Worcester-Robertson-pad is een van die projekte wat begunstig is. Ons het ook besluit om met die MTEF-toekenning die werk aan die tweede deel van die pad met 'n jaar te vervroeg. Dit sal beteken dat ons die pad nou met een kontrak sal kan afhandel. Daar is reeds twee tenderkontrakte, maar ons sal dit so skei dat daar nie 'n onderbreking in die konstruksie van die pad sal wees nie, soos wat tans die geval is.

Ek wil die agb lid mnr King bedank omdat hy 21 jaar lank gepleit het - nie net by my nie, maar by ander mense ook. Ek weet hy het op 'n stadium ook by die agb lid mnr Ramatlakane daarvoor gepleit. [Tussenwerpsels.] Hy kan gerus huis toe gaan en vir sy kiesers s hy het 21 jaar lank in die Parlement gedien en 21 jaar lank het hy volgehoue pogings aangewend om die Worcester-Robertson-pad opgradeer te kry. Ons kan nou die vrugte pluk van die harde werk wat hy en baie ander mense oor 'n lang tyd gedoen het.

Die agb lid mnr King het ook verwys na die lisensieskyfie wat, in terme van die Padverkeersregulasies, onder in die linker hoek van die voorruit van 'n voertuig geplak moet word. Baie mense plak die lisensieskyfie langs die truspiel of in die linker boonste hoek. Een van die verkeersmanne het op 'n dag besluit daar is 'n klomp mense wat hy kan beboet. Die agb lid mnr King het my gevra na die regulasie, en ongelukkig is dit Regulasie 227 van die Padverkeersregulasies en kon ons dit vir hom gee.

Ek dink ons moet besef dat as ons in hierdie land wette maak en nie daardie wette kan implementeer nie, moet ons glad nie wette maak nie; dan moet ons dit skrap en daarsonder klaarkom. Ons kan nie wette op die Wetboek plaas en nie daardie wette implementeer of behoorlik toepas nie.

*Die agb lid mnr Ramatlakane het na die name "Werke" en "Openbare Werke" verwys. Dit maak nie saak wat die naam van die departement is nie, ons doen nog steeds die werk. Die Departement van Werke is 'n klintgedrewe departement - ons doen werk namens ander departemente in hierdie Administrasie. Ek wil nie graag h dat die agb lid na die Wes-Kaap moet verwys na 'n provinsie wat obstruksionisties is - altyd die pad van demokrasie belemmer - nie. Ek sou eerder wou h dat hy bloot moet s dat ons nie die regte werk doen nie; dat ons nie die werk doen wat ons veronderstel is om te doen nie, indien dit die geval is.

Kom ons vergeet wat die naam van die departement is. As dit 'n grondwetlike reling is, moet ons dit regstel. As ons van die Grondwet wegbeweeg het, moet ons toegee dat die Grondwet vereis dat ons die departement tot "Openbare Werke" moet herdoop. Ek s dat ons eenvoudig met die werk moet aangaan. [Tussenwerpsels.] Die nasionale Departement van Openbare Werke is verantwoordelik vir polisiekantore. Ons bou nie polisiekantore nie.

Ons werk wel vir die departemente van die Wes-Kaap - Onderwys, Omgewing- en Kultuursake, en Gesondheid. Ons bou en onderhou hospitale en skole. Dit is die werk wat ons doen.

Die agb lid mnr Ramatlakane het ook na werkskepping verwys. Nie lank gelede nie was daar 'n vraag aan my deur die agb lid mnr Strachan, waarop ek tydens vraetyd geantwoord het, en in sy afwesigheid. Hy is weer nie hier nie. Ek sal die antwoord herhaal wat ek aan die agb lid mnr Strachan gegee het. Die vraag wat hy aan my gestel het lui, en ek haal aan uit die Vraelys van Dinsdag, 14 Maart 2000:

4.	(1)	Hoeveel opkomende maatskappye daar op die Affirmative Business Enterprises (ABE) lys is wat vir tenders vir openbare werke saamgestel is;

(2) of enige maatskappye op die lys kontrakte gekry het; so ja (a) hoeveel en (b) wat die totale waarde van di tenders is;

(3) of enige maatskappye op die lys wat provinsiale kontrakte gekry het versuim het om die bepalings van die kontrakte na te kom en (b) waarom?

Dit is die vraag wat hy op die Vraelys aan my gestel het. Ek sal hom weer op daardie vraag antwoord.

*Me T ESSOP: Ons praat van meer as R2 miljoen.

*Die MINISTER: Ek dit is ook ter wille van die agb lid me Essop.

(1) Daar is 278 maatskappye op die (ABE) lys.

(2)	(a)	Kontrakte is aan 152 maatskappye op die (ABE) lys toegeken.

		(b)	Die totale waarde van di tenders beloop R30 miljoen.

Dit is R30 miljoen wat nooit voorheen aan regstellende sakeondernemings of sogenaamde ABEs toegeken is nie - kontrakte is aan 152 maatskappye op die ABE-lys toegeken. Ek gaan voort:

	(3)	(a)	20 van die maatskappye op die lys het versuim om die bepalings van die kontrakte na te kom.

Slegs 20 maatskappye het nie hul deel van die kontrak nagekom nie. [Tussenwerpsels.] Ons is nou besig om hulle te help, want hulle het nie oor die ondervinding beskik om te tender nie. Ons het 'n program waarvolgens ons aan hulle opleiding gee oor hoe om te tender, sodat hulle nie in toekomstige kontrakte val nie. Ek gaan voort:

		(b)	Die redes daarvoor is finansile probleme, versuim om waarborge in te handig en versuim om kontrakvoorwaardes na te kom.

Ek het 'n lys van al daardie mense, en ek sal die name van slegs 'n paar van hulle voorlees: ABE Contracting, Abrahams Bouers, Davids Kontrakteurs, Carim Bouers, Abantu Civils CC, Afron CC, T Solomons Electric en Apollo Maintenance.
Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: En Essop handelaars? [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Nee. Me die Voorsitter, die agb lid mnr Ramatlakane het ook na werkskepping verwys. Ek en hy kan met mekaar praat omdat hy die departement so goed ken soos ek. Die enigste departemente in hierdie Administrasie wat werk skep, is die Departemente van Werk en van Vervoer. Elke skool wat in hierdie provinsie gebou is, het werk geskep vir klein, medium en mikro-ondernemings. KMMOs was betrokke by elke skool wat sedert 1994 in die provinsie gebou is. Sedert 1994 is geen skool gebou in voorheen benadeelde ...

Mnr S E BYNEVELDT: Morkel skep dan werk vir sy familie.

Die MINISTER: Wat?

Mnr S E BYNEVELDT: Morkel skep net werk vir sy familie, en dan woon Craig nie eens die koukusvergaderings by nie.

*Die MINISTER: Ag man, jy weet niks. Me die Voorsitter, ek is besig om op die agb lid mnr Ramatlakane te antwoord, en nie op daardie agb lid nie.

Elke skool wat gebou is, is deur 'n KMMO-verkrygingskontrak gebou. Geen skool is sedert 1994 in die voorheen benadeelde gemeenskap gebou nie. Geen skool nie! [Tussenwerpsels.] Ek s dit, omdat mense s dat ons nie werk skep nie. Hierdie departemente is die enigste departemente wat werk skep, en dit is waarom ons dit doen.

Die agb lid mnr Ramatlakane het ook na die R10 miljoen verwys wat die agb Minister in die Kantoor van die Premier sal gebruik vir armoedebestryding. Hy het ges dat ons dit moet kry. Ek dink nie dat ons dit moet kry nie.

*Mnr L RAMATLAKANE: Waarom nie?

*Die MINISTER: Omdat ons 'n gentegreerde beleid van armoedebestryding het. Elke departement kan dit op sy eie doen. [Tussenwerpsels.]

Hy het na blankes in die vroe 1930s verwys. Ek dink dit is hoog tyd dat ons aan die toekoms begin dink. Ons hoef nie in die verlede te bly nie - 1930 is 70 jaar gelede. Ons moet na die toekoms kyk en ons mense op die pad na voorspoed help, en nie altyd in die verlede vassteek nie.

Hy het ook na die DP verwys, waaroor ek nie kommentaar sal lewer nie. Hulle is mans genoeg om na hulself te kyk.

Hy het ook na die getal dorpe verwys waar die mense swaarkry. Een van die punte wat ek teenoor die agb lid mnr Ramatlakane wil noem, asook die agb lid mnr Fransman, is dat ons nie net na 'n sekere deel van die mense in die Wes-Kaap omsien nie. Ons het 'n verantwoordelikheid om na die behoeftes van al die mense in die provinsie te kyk. Ons moet na die behoeftes omsien van elke enkele persoon wat in die provinsie woon - of hy nou van Blouwatergat of waar ook al kom, ons sal ook na hom kyk. As daar 'n probleem bestaan, sal ons daardie probleem aanspreek. Ons gaan probeer help. En as ons daardie R10 miljoen moet gebruik om ook daar te help, sal ons dit daar doen. Die geld sal nie net rondgegooi word sonder om rekenskap oor die spandering daarvan te gee nie. Van elke sent wat op armoedeverligting gespandeer sal word, sal daar rekenskap gegee word, want daardie geld is onder die Begroting toegeken. Daar sit die agb dame wat volgende jaar by die SKOF-vergadering gaan vra: "Wat het van die R10 miljoen geword? Waar is daardie R10 miljoen gespandeer?" Dan sal ons aan daardie departement rekenskap moet gee. [Tussenwerpsels.]

*Mnr L RAMATLAKANE: U wil dus nie daardie geld, die R10 miljoen, h nie?

*Die MINISTER: Ja, maar dit kan beter aangewend word deur ander mense.

Me die Voorsitter, die agb lid mnr Ramatlakane het ook na nuwe en opkomende konsultante en kontrakteurs verwys. Ek het na net 'n paar van hulle verwys, en ek gaan dit nie weer s nie.

Hy het voorts na buskontrakte verwys. Ek het ges dat ons volgende maand sal adverteer vir 12 buskontrakte. Die proses om nuwe en opkomende kontrakteurs by hierdie sfeer van kontraktering vir openbare vervoer te betrek, is deel van sy eie beleid, wat hy tydens sy ampstermyn geskryf het. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Ismail het verwys na die werk wat mnr Spence gedoen het. Ek wil ook graag aan mnr Spence s dat dit goeie werk was. Ons weet dat ons hom en sy kundigheid in die departement sal mis wat Vervoer betref. Ons wil ook graag h dat hy 'n lang verblyf in die Wes-Kaap moet h. Ek versoek hom om nie na KwaZulu-Natal terug te keer nie, maar om in die Wes-Kaap aan te bly sodat ons op sy knoppie kan druk as ons hom nodig kry en hom vir 'n paar dae in diens kan neem! Ek bedank hom vir sy bydrae tot Vervoer in hierdie provinsie.

Die agb lid mnr Ismail het ook verwys na die R428 miljoen wat op die Begroting van hierdie departement is, asook die R700 miljoen agterstand wat ons ten opsigte van die instandhouding van paaie het. Hy het gepraat oor die regulasies vir tolpaaie. Ek het reeds daarna verwys.

Hy het verder verwys na nasionale wetgewing. Dit is baie interessant. Ek wil nie hier - en hy moet my baie mooi verstaan as ek dit s - daarop uitbrei nie. Ek en die nasionale Minister van Vervoer, en ook sy voorganger, het 'n baie goeie verstandhouding. Maar as ek vandag hier iets s, is dit nie teen die nasionale Minister van Vervoer gemik nie. Ek s bloot, "Vriende, hou vas. Hier gaan 'n hengse ongeluk gebeur." [Tussenwerpsels.] Ja, dit gaan beroerd. [Tussenwerpsels.] In die departement. Dit is nie as gevolg van wat die nasionale Minister gedoen het nie.

Mnr P C MCKENZIE: Is dit provinsiaal?

Die MINISTER: Nee, ...

Mnr P C MCKENZIE: Nasionaal?

Die MINISTER: Nasionaal.

Mnr P C MCKENZIE: Nasionaal? Nou praat dat ons hoor.
Die MINISTER: Ons moet liewer die nasionale Minister ondersteun. [Tussenwerpsels.] Al die provinsies, nie net die Wes-Kaap nie, sal hom moet ondersteun. As ons hom nie ondersteun nie, beteken dit niks dat ons twee jaar gelede wetgewing uitgebring het nie. As ek vir agb lede s daar is moeilikheid aan die kom, dan is daar moeilikheid aan die kom. [Tussenwerpsels.]

Kom ons vergeet liewer van daardie goed. Kom ons s die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, of watter provinsie ook al, het die morele plig om te sorg dat die nasionale Departement van Vervoer nie uitmekaar spat nie. Dit is ons verantwoordelikheid om te sorg.

Hy het ook na ARTO verwys. Di wet sou in Augustus 1999 gemplementeer geword het, maar as gevolg van sekere probleme is dit uitgestel. Ek vertrou daar is, soos ek vanoggend ges het, sekere wysigings wat aan die wetsontwerp aangebring gaan word, en ook aan die Traffic Management Corporation Act. Ons moet die dinge doen, en as dit 'n probleem is moet ons dit hanteer. Wanneer daardie wysigings hierheen verwys word, wat ek verwag die geval sal wees, moet ons dit so gou moontlik en op die bes moontlike manier hanteer. Ons moet nie van vervoer politiek maak nie. Daar is baie mense daar buite wat in die moeilikheid gaan wees.

Die RTMC behoort vir ons in die Provinsie 'n baie groot bate te wees, as ons dit reg hanteer. Ons sal dan as 'n uitreik-owerheid erken kan word, wat ook boetes kan in.

Die agb lid mnr Ismail het na die puntstelsel verwys, en na die staatsvoertuie wat nou gemerk is. Hy het genoem dat hy waargeneem het dat dames nog met krullers in hul hare in die voertuie rondry. Heel moontlik is hulle maatskaplike werkers wat haastig is om by die kantoor te kom. Ons los hulle maar, die arme mense is soms 'n bietjie laat.

Ek wil hom bedank vir sy ondersteuning van die persoonlike nommerplate. Ek weet sy voertuig is toegerus met 'n persoonlike nommerplaat.

*Me T ESSOP: Hoe lui sy nommerplaat?

*Die MINISTER: Ek weet nie, maar ek het sy aansoek gesien.

Me die Voorsitter, die teenkanting wat daar aan die begin was teen persoonlike nommerplate, het soos mis voor die son verdwyn. Ek wil almal bedank wat ons met persoonlike nommerplate ondersteun. Sommige lede van die publiek het 'n hele reeks nommers gekry. Ek weet van 'n maatskappy op Vredendal - en die agb lid mnr Fransman sal daarvan weet - wat 'n hele reeks van hul voertuie met persoonlike nommerplate toegerus het. Dit het hulle 'n hele paar rand gekos. Ons wil die publiek opreg bedank vir di ondersteuning.

Die agb lid mnr McKenzie het groot gewag gemaak van die verhoging van lisensiegelde. Is agb lede bewus dat, afgesien van swaarvoertuie - "tripple interlinks", "double interlinks", lang treilers, en so meer - die verhoging wat ons nou aankondig, in sekere gevalle minder is as een tenk vol petrol vir 'n middelklas motor? Me die Voorsitter, aangesien ek nie die vraag direk aan u kan stel nie, sal ek dit aan die agb lid me Essop stel. Ek wil van haar weet hoeveel maal per jaar sy haar motor se brandstoftenk volmaak. [Tussenwerpsels.] Sy sal nie weet nie, want dit is baie moeilik om te bepaal.
Me T ESSOP: Ek het 'n klein tenk. [Gelag.]

Die MINISTER: Dit is baie interessant. [Tussenwerpsels.] As ons daarna kyk, en as ons ... [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde!

Die MINISTER: Baie dankie, me die Voorsitter. Die verhoging wat ons aangekondig het, is werklik nie meer as een tenk brandstof vir 'n middelklas motor een maal per jaar nie. Hoeveel maal maak ons nie die petroltenks vol nie? Ons is besig, en ek kan dit nou vir agb lede s, om met die hulp van die nasionale Minister van Vervoer te bepaal of ons nie weer die brandstofheffing wat ons in die verlede gehad het, kan herinstel nie. Daardie brandstofheffing was onder meer gen vir afgele paaie, die landelike gebiede en distriksrade. Ek het in samewerking met die Kaapse Metropolitaanse Raad 'n voorlegging aan die nasionale Minister gedoen. Hy is baie positief oor die idee, en so ook die betrokkenes in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie, waar onlangs groot vloede beleef is. [Tussenwerpsels.] Sonder daardie ... [Tussenwerpsels.]

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek versoek agb lede om ons te ondersteun met die verhoging van die brandstofprys. Ons het reeds aangekondig dat die brandstofverhoging op 1 Junie 2000 in werking tree. Hulle moet nou nie vir die mense s om op ander plekke te registreer nie, want die wet bepaal dat hulle dit nie mag doen nie. Die tyd toe mense oor die grense kon gaan om voertuie te registreer, is iets van die verlede. Hulle kan dus maar vergeet van registrasie in die Noord-Kaap, die Oos-Kaap, Mpumalanga en andere, want die vragmotors wat vanaf 'n basis en 'n kantoor in die Wes-Kaap opereer, moet in die Wes-Kaap registreer. [Tussenwerpsels.] Ek sal later op daardie agb lid antwoord.

Die agb lid mnr Fransman het na die mense van die Weskus verwys. Hy het 'n wonderlike stelling gemaak, en ek wil hom vra om asseblief nie weer daardie stelling te maak nie. Hy moet nie paaie teen mekaar afspeel nie. Elke pad, waar dit ook al gebou word, is 'n belangrike verbindingsroete. Ons kan een pad in 'n omgewing bou, maar dan kan ons nie weer gou ander paaie daar bou nie, want ons moet ook in ander dele van die provinsie paaie bou. Wat die Sandveld-pad betref, ons het met 'n aantal boere en aartappelboere gesels. Ek het die vrymoedigheid gehad om die nasionale Minister van Vervoer na Wuppertal te neem. Ons kon nie Wuppertal besoek nie, want hy moes die aand weer terug gewees het. Ons het met daardie mense ook gesels; net 'n voorlegging gemaak, sonder dat die nasionale Minister enige beloftes aan enigiemand gemaak het. Aan die einde van die dag het ons 'n verdere gesprek gevoer. Die moontlikheid bestaan dat ons saam met die Nasionale Vervoeragentskap 'n hele klomp paaie in die provinsie gaan kyk.

Die hoof van die Departement van Vervoer sal kan bevestig dat die Weskus-pad nou weer op ons prioriteitslys is.

Mnr M L FRANSMAN: Watter pad geniet die meeste prioriteit?

Die MINISTER: Daardie mate van prioriteit is nog nie bepaal nie. Al wat ek s, is dat daar as gevolg van samesprekings tussen my, die nasionale Minister van Vervoer en die mense op grondvlak, 'n verder gesprek plaasgevind het. Nie een van die twee paaie is op di stadium 'n prioriteit nie. Dit mag in die toekoms 'n prioriteit word, maar ons gesels nog daaroor.

Ek wil nie hierdie Pos verpolitiseer nie, maar die agb lid mnr Fransman moet nie s dat die ANC na die mense van die Weskus kyk nie. [Tussenwerpsels.] Ek en die Nuwe NP verteenwoordig die Weskus vir die afgelope 16 jaar. [Tussenwerpsels.]

Mnr S E BYNEVELDT: Ja, maar ons trek nou die stemme.

Die MINISTER: Dit is 'n droom. Ons moet nie aan die kiesers beloftes maak wat nie kan realiseer nie. As ons aan die kiesers beloftes maak wat nie kan realiseer nie, ... [Tussenwerpsels.] ... moet ons mans genoeg wees om dit vir hulle te s. [Tussenwerpsels.]

Ons praat, soos wat ... [Onhoorbaar.] ... vir al die mense van die Weskus, die Wes-Kaap, die Suid-Kaap, die sentrale Karoo, waar hulle ook al is. Waar ons die behoeftes van ons mense kan aanspreek, daar doen ons dit. As dit nodig is om die ANC te gebruik om ons te help om dit te doen, moet ons dit doen. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid mnr Fransman het ook verwys na Jeffares & Green. [Tussenwerpsels.] Politiek? [Tussenwerpsels.] Politiek? Ek en die agb lid het 'n vertrouensverhouding. Ons was onlangs in gesprek, en ek sal nie die besonderhede van wat hy met vertroue aan my gestel het, hier in die openbaar kom uitblaker nie. Ek wil hom net ligweg waarsku: wanneer ons sekere dinge vir mekaar s, moet ons woord hou. Dit is al wat ek vra. [Tussenwerpsels.] Kom ons los nou vir Jeffares & Green en die konsultante. Kom ons besluit dat as daar politieke wil nodig is, dit gebruik moet word. As hy tydens een of ander raadsvergadering by wyse van 'n politieke besluit sekere aksies gedoen kan kry, moet hy dit doen. Ek doen dit ook. [Tussenwerpsels.]

Die volgende persoon op wie ek wil reageer, is die agb lid me Rossouw. Ek is nie meer ver van klaar nie; ek is ook moeg. [Onhoorbaar.]

Die agb lid me Rossouw het ges sy is nie tevrede met die fondse wat aan Vervoer toegeken word nie. Ek dink nie ek en mnre Petersen en Du Preez is daarmee tevrede nie. Ons is almal ongelukkig oor die toekenning, maar wat kan ons daaraan doen? Dit is hoe die koek gesny word. Die arme mnr Schwabe kan nie al die werk doen wat hy moet doen nie. Hy moet hier sny en daar sny, en verskeie plekke in die Suid-Kaap het al weer vloedrampe gehad, en ook daarvoor moet ons geld uithaal.

Ek en die agb lid me Rossouw het onlangs op 'n Saterdagmiddag die Dasklippas uit gery. Dit is 'n baie ongemaklike pad. [Tussenwerpsels.] Ek is was nog nooit daar nie. [Tussenwerpsels.] My vrou was gelukkig saam, en haar man ook, so daar is niks gedoen wat ons nie moes doen nie. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Maar dit was op die belastingbetalers se onkoste. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Nee, ... [Onhoorbaar.] ... op die belastingbetaler se onkoste nie. Ek het gaan werk, en sy het my op 'n Saterdagmiddag vergesel, terwyl 'n klomp ander LPPs op Nuweland was en rugby gekyk het. [Tussenwerpsels.]

Daardie ... [Onhoorbaar.] Dit is baie belangrik dat 'n munisipaliteit soos Porterville - en ek wil dit hier noem - uit sy pad gaan om ook na sy landelike bure om te sien. Op die berg word landbouprodukte gekweek, wat met daardie pad vervoer moet word. Die produkte van baie van die mense wat uitvoerprodukte daar kweek, kom in 'n baie swak toestand by die mark aan en is nie dan meer geskik vir die uitvoermark nie. Dit is waarom ek s dat as daar enigiets gedoen kan word, moet ons ook daarna kyk.

Sy het verder van valskermsweef gepraat en ges dat die Dasklippas uiters geskik vir toernooie is. As valskermsweef daar vir ons provinsie wreldwye erkenning kan besorg, moet ons ook daarna kyk.

Sy het voorts ges sy wil nie 21 jaar lank vir die Elandsbaai-Redelinghuys-pad pleit nie. Dit lyk vir my sy sal nie 21 jaar lank daarvoor hoef te pleit nie. Daar bestaan moontlikhede, en ons ondersoek dit.

*Ek wil die agb lid mnr Winde bedank vir sy ondersteuning vir die Begroting. Hy het ook na die Departement van Vervoer verwys as een van die departemente wat altyd agter in die tou staan wanneer dit by finansies kom. Hy het ook na die Wet op Tolpaaie verwys, wat verlede jaar goedgekeur is. Ek het reeds genoem dat ons hierdie Wet in werking sal stel, moontlik later vanjaar. Sodra ons die regulasies en die beleidsdokument voltooi het, sal ons aan hierdie sake aandag gee. [Tussenwerpsels.]

Hy het na die huidige bus-projek, die padsterftes weens busongelukke en die spoedbeperking verwys. Ek het die plakker gesien waarna hy verwys het. Die nasionale Minister van Vervoer het 'n proklamasie uitgevaardig dat busse nie teen 'n snelheid hor as 100 km/h mag reis nie. Party van hulle hou nie daarby nie, en dit is waarom ons al ons beamptes op die paaie het. Wat padsterftes betref, het ons oor die afgelope feesgety 'n afname van 37% in padsterftes beleef en ek dink dat ons besig is om vordering te maak.

Die naam van die agb lid mnr McKenzie het onverwags op die sprekerslys verskyn. Ek dink die enigste rede waarom hy om 'n spreekbeurt gevra het, is die 25%-verhoging in lisensiegelde. Ek gee toe, as hy nie daaroor gepraat het nie, is dit heel moontlik dat niemand anders daaroor sou gepraat het nie. Ek bedank hom vir die bydrae wat hy gemaak het.

Ek wil hom tog daarop wys dat mense wat in die Wes-Kaap kantore het en van hier swaarvoertuie bedryf, moet hier registreer. Doen hulle dit nie, sal ons teen hulle optree. Ons gaan hulle geld kry, en dit vir padinfrastruktuur gebruik. Ons gaan nie daardie geld vir skole of gesondheid gebruik nie, en ook nie vir welsyn nie, maar om ons infrastruktuur in stand te hou en verdere instandhouding te doen.

Die agb lid mnr Gelderblom het my, my bestuurspan en al die mense wat aan die paaie werk, bedank. Ek dink dit is baie belangrik. Soms sien ons net die mense raak wat hier sit, ...
Me T ESSOP: Nee, dit is nie waar nie.

Die MINISTER: ... - ja? - en vergeet van die werkers wat op grondvlak bedrywig is, soos die manne in die oranje oorpakke, die bestuurders van die PA-vragmotors, die trekkerbestuurders, die mense wat die padstampers gebruik en die mense wat met die grawe werk. Ons wil vir hulle ook bedank, en dit het hy gedoen.

Ek wil spesiaal my dank betuig teenoor een van die padingenieurs, mnr Johan Odell, wat die R62 tussen Calitzdorp en Ladismith so vinnig moontlik oopgestel het. Ek wil hom, sy voormanne en werkers bedank. Mnr Schwabe moet hom asseblief inlig dat ons hom in die Huis bedank het vir die werk wat hy daar gedoen het. Ek dra ook ons dank oor aan mnr Schwabe as die hoof van die onderhoudspan.

Die agb lid mnr Gelderblom het ges die verhoging in lisensiegelde is kleingeld. As ons reg daarna kyk, en dink aan die skade wat die vragmotors aan ons paaie aanrig, is dit kleingeld. Ons sal ons nie van stryk laat bring nie. Ons gaan alles doen wat ons kan om die paaie in stand te hou.

Hy het ook gepraat oor die mense wat hul sigaretstompies by die motorvensters uitgooi. Gistermiddag het 'n brand naby die kabelspoor uitgebreek. Die vermoede bestaan dat iemand 'n sigaretstompie by die venster van 'n bewegende voertuig uitgegooi het en so die brand veroorsaak het. Dink aan die koste wat aangegaan is om die helikopters, brandslaners, en so meer, daar te kry om 'n onnodige brand te bestry. Ons sal na di praktyk moet kyk. As daar wetgewing is sal ons dit toepas, en as daar nie wetgewing is nie, sal ons ook kyk wat ons kan doen.

Die agb lid me Essop was die laaste spreker wat aan die debat deelgeneem het. Ek bedank haar vir haar bydrae. As ek so ses jaar gelede terugdink, toe die agb lid me Essop 'n Sweep was, het sy op 'n dag 'n baie vurige toespraak gelewer. Ek was na haar aan die woord.

Mnr A ISMAIL: Het Minister toe vir haar geskryf?

Die MINISTER: Nee, ek het nie vir haar geskryf nie. Ek het vir haar ges, "Kollega, jy is 'n briljante politikus, maar gaan stadig oor die klippe; daar is genoeg 'scope' vir jou." Ek wil dit vandag weer vir haar s. Sy moet stadig oor die klippe; daar is genoeg "scope" vir haar. Ek bedank haar vir die toespraak wat sy gelewer het en vir dit wat sy ges het ...

Mnr S E BYNEVELDT: Wat van Bridgetown?

Die MINISTER: ... oor Bridgton-aangeleentheid ...

Mnr P C MCKENZIE: Bridgetown. Dit is 'n ander plek.

Die MINISTER: O, Bridgetown - daar agter in Athlone. Die aangeleenthede word deur die George - is dit Bridgetown of Bridgton?

Me T ESSOP: Dit is Bridgetown, nie Bridgton in Oudtshoorn nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! [Tussenwerpsels.] Orde! Mnr Ismail, ek wil 'n beslissing gee. Mnr die Minister! [Gelag.] Dit is 'n oomblik van buitengewone wisselwerking in die Huis! Ons kan nie 'n presedent skep dat 'n Minister in die middel van sy repliek sy bank mag verlaat nie, want die oomblik dat hy sy bank verlaat, aanvaar ek dat hy opgehou het om te praat.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wou nie die verkeerde inligting aan die agb lid verstrek nie, en dit is waarom ek na my amptenaar gegaan het om myself van die feite te vergewis. Ons het twee skole met dieselfde naam. Bridgetown is in Athlone en Bridgton is in Oudtshoorn. [Tussenwerpsels.] Dit gaan hier oor Bridgetown in Athlone.

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde!

Die MINISTER: Dit is die regte inligting. Mnr Colin Ward is die inspekteur in daardie streek. Hy ontken beslis dat hy enige opdrag gegee het om spoelbakke of enige ander onderhoudsherstelwerk wat gedoen is, te laat verwyder. Die skool het egter in 'n groot mate onder vandalisme deurgeloop. [Tussenwerpsels.] Die skool is in 'n baie vervalle toestand.

*Mnr M OZINSKY: Kom ons gaan daarheen, mnr die Minister. Ek was Maandag daar.

*Die MINISTER: Dit is die inligting wat ek van die inspekteur verkry het. [Tussenwerpsels.] Ek het aan agb lede die naam van die inspekteur verstrek. [Tussenwerpsels.] Hy s dat die skool onder vandale deurgeloop het, omdat baie mense toegang het tot die skoolterrein. Hy s die inligting is nie wat die agb lid me Essop verstrek het nie. [Tussenwerpsels.]

Ek het ges, en ek het oor die afgelope paar jaar by baie geleenthede in hierdie Huis my woord gegee, dat indien dit die verkeerde weergawe is en die weergawe wat die agb lid me Essop in die Huis gegee het, die regte een is, ek die betrokke amptenaar sal opspoor en hom in die Huis sal laat les ops. Ek en mnr Jakkie van Heerden sal gaan en daardie skool inspekteer. As ons sien dat sekere sake nie reg is nie, en dat die agb lid me Essop se weergawe reg is, sal ons dit hanteer. [Tussenwerpsels.]

Die agb lid me Essop het ook na tenders verwys. Dit is baie moeilik om oor tenders te praat, want die tender behoort nie by ons nie. Die Tenderraad is 'n onafhanklike raad wat eenkant gehuisves is. Die agb lid mnr McKenzie weet dat as daar advertensies geplaas word, en as daar 'n fout in die advertensie was en bevind is dat ander kriteria nodig is om die tender volledig te maak, dit reggestel word. Ek sal daarvan hou as die agb lid me Essop vir my 'n afskrif van die tenderdokumente kan gee sodat ons daarna kan kyk. Ek kan haar egter nou reeds verseker dat al daardie probleme nie by die departemente van Vervoer of van Werke l nie. Ons is egter bereid om te kyk of daar probleme is. Ons wil graag help. Ek sal help ...

*Me T ESSOP: Regeringsmotorvervoer is by hierdie subdirektoraat betrokke. Hulle het die spesifikasies opgetrek.

*Die MINISTER: Goed, motorvervoer. Indien dit 'n tender is ...

*Me T ESSOP: Wie trek die spesifikasies op, mnr Meyer?

*Die MINISTER: Ek weet nie. Ek het nie die advertensie gesien nie. Ek sou graag wou h dat die agb lid me Essop aan my 'n afskrif van die advertensie moet gee sodat ek dit kan bestudeer, aan my mense kan gee en op my beurt 'n antwoord aan haar kan verstrek. Ek hoop dat sy daarmee tevrede is.

Me die Voorsitter, baie dankie vir al die geduld wat u met my gehad het, terwyl ek vanmiddag sommer verby u geloop het. Dit was egter alles in die gees van 'n korrekte antwoord, sodat ons nie lede hier uitstuur en ons kon hulle nie antwoord nie.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

*Die SPEAKER: Orde! Baie dankie. Die Huis sal nou verdaag tot mreoggend om 10:00.

Die Huis verdaag om 17:45.


1504	WOENSDAG, 22 MAART 2000



	WOENSDAG, 22 MAART 2000	1505



	WOENSDAG, 22 MAART 2000	1449


